Staatsveiligheid gaan sosiale media beheer

Die ANC het besluit om in te gryp om sosiale media te sensureer, in die lig van kwessies soos die verspreiding van “fopnuus” en swendelary, sê die Minister van Staatsveiligheid David Mahlobo.

Hy het Sondag tydens ‘n vraag-en-antwoord-sessie met joernaliste ná ‘n nuuskonferensie gesê sy departement oorweeg stappe na die Justisie, Misdaadvoorkoming en Sekuriteit Groepering (JCPS) se oorsig.

Mahlobo, het gereageer op ‘n vraag deur ‘n verslaggewer oor fopnuus, en gesê afgesien van die gewone bedoeling daarvan, word sosiale media ook misbruik om, onder andere, vals inligting te versprei.

Hy het gesê dit is nie uniek aan Suid-Afrika nie.

“Ons oorweeg dit om die ruimte te reguleer. Selfs die beste demokrasieë wat eerbied afdwing, hulle reguleer die ruimte,” het Mahlobo gesê.

Hy meen dit sal nie ‘n maklike ding wees om te doen nie, want dit kan gesien word “as inmenging met menseregte”.

Dit sal dus nodig wees om dit in verskeie liggame en forums te bespreek. “Ons sal bespreek hoe ons kan reguleer,” sê Mahlobo.

Afgesien van mense wat iets voorgee op sosiale media, of selfs voorgee om iemand anders te wees, het hy gesê probleme sluit in foto’s wat vals tonele uitbeeld.

Gedokterde beelde is ook ‘n probleem, het hy gesê.

Maar die probleem is dat linkse intervensioniste die term “fopnuus” gebruik om nuus wat hulle in ‘n slegte lig stel, te sensureer.

Google en Facebook werk reeds nou saam met regerings om nasionalistiese nuus te onderdruk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.