Nene ‘bid’ dat Zuma nie Molefe in Gordhan se pos aanstel nie

Deel op

Die voormalige minister van Finansies, Nhlanhla Nene, het aan die vereniging van swart sekuriteite-en beleggingsberoepslui gesê hy bid dat President Jacob Zuma nie die minister van Finansies, Pravin Gordhan uit sy pos sal verwyder nie.

Nene het die hooftoespraak gelewer by ‘n geleentheid in Kaapstad om die vereniging se organisasie vir jong beroepslui van stapel te stuur.

Politieke ontleders sê die onlangse inhuldiging van die voormalige bestuurshoof van Eskom, Brian Molefe, as parlementslid, beteken moontlik dat hy tydens ‘n kabinetskommeling as minister van Finansies aangestel kan word.

Nene sê hy het volle vertroue in Gordhan se vermoëns, en dat die land nie enige verdere onbestendigheid sal kan verwerk nie.

Nog ‘n voormalige Minister van Finansies, Trevor Manuel, het ministers geroskam wat nie verantwoordelikheid neem vir hulle portefeuljes nie.

Manuel het in ‘n onderhoud met die SABC gesê dit is onverklaarbaar waarom sommige ministers nie begryp dat hulle verantwoordbaar behoort te wees nie.

Met verwysing na die Minister van Kommunikasie, Faith Muthambi, het Manuel gesê dit wil voorkom of die korrekte prosedures bloot geïgnoreer word.

Muthambi wat die parlementêre portefeuljekommitee oor die SABC se jaarverslag sou ingelig het, het nie aan die einde van Februarie by die vergadering opgedaag nie.

Die waarnemende bestuurshoof van die openbare uitsaaier, James Aguma het in haar afwesigheid gesê die SABC het in die 2015/16 boekjaar `n verlies van R411-miljoen getoon. Aguma het verduidelik dat “onvoorsiene gebeure” die verlies meegebring het

Muthambi behoort uit haar pos verwyder te word, het die DA gesê en belowe hulla gaan die nodige stappe neem om te sorg dat sy tot verantwoording geroep word vir haar onwettige optrede.

Dit volg na die parlement se ad hoc-komitee oor die SABC bevind het dat Muthambi haar politieke mag misbruik het om in meng by die openbare uitsaaier.

Dit het glo tot grootskaalse sistematiese agteruitgang by uitsaaier gelei. Een van die bevindinge is dat Muthambi nie die pos van bedryfshoof laat adverteer het omdat sy volgehou het dat Hlaudi Motsoeneng goed in die waarnemende hoedanigheid gevaar het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.