Dak wat ineenstort by akademiese hospitaal is ‘verouderde boutegnologie’

Deel op

Die boumaatskappy wat opknappingswerk by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg gedoen het, sal aanspreeklik gehou word nadat ’n stuk van die hospitaal se dak ingestort en minstens vyf mense beseer is.

Verskeie dokters by die akademiese Hospitaal in Johannesburg het aan Eyewitness News gesê hulle het al geruime tyd oor strukturele probleme by die fasiliteit gekla, maar hul waarskuwings is geïgnoreer.

Ontlasting lek glo in die pedriatiese afdeling, behalwe die daklekke oral en probleme by intensiewe sorg.

Die Gautengse LUR van Infrastruktuurontwikkeling, Jacob Mamabolo sê die kontrakteurs het by die struktuur waaraan hulle gewerk het, betondele uit die dak sonder toestemming verwyder.

Vyf mense is beseer toe ‘n dak by die ingang ineengestort het Donderdagmiddag.

“Die hospitaal is ‘n geruime tyd gelede gebou, met verouderde konstruksietegnologie wat gebruik is,” het hy gesê. Dit lyk egter eerder of dit veroorsaak is deur die onbekwaamheid van die swart kontrakteur.

Mamabolo, sê Thandzanani Trading Enterprise is ook die terrein verbied ná die voorval gister.

Hy sê bouers het blykbaar stukke beton verskuif en dit op ’n dun, onversterkte stuk van die dak gesit. Mamabolo sê egter die hospitaal bly oop vir die publiek en alle sale is funksioneel.

Blykbaar gaan die owerhede dit “oorweeg” om die kontrakteur te swartlys oor die ramp.

Die Departement van Arbeid gaan glo eise teen die kontrakteur ondersoek vir nalatigheid deur beroepsveiligheidsinspekteurs .

Die premier van Gauteng, David Makhura, sê die vyf wat gister in die ongeluk beseer is, is almal buite gevaar.

Hy het die hospitaal ná die ongeluk besoek en gesê dit is onverklaarbaar waarom die kontrakteur materiaal wat hy vir die herstelwerk aan die hospitaal se dak gebruik het, op ‘n deel van die dak geplaas het wat geen versterkings het nie.

Opruimingswerk by die hospitaal is intussen afgehandel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.