Disney omhels LGBT + aktivisme

Deel op

Disney het ‘n bedreiging vir kinders geword ná die produksiemaatskappy vandeesweek hul eerste ooit gay soen uitgesaai het.

In ‘n episode van Star wat uitgesaai word op kanaal Disney, kan ‘n gay paartjie gesien word wat soen vir die eerste keer in die geskiedenis van die maatskappy.

In die tweede reeks van die tekenprent, woon die protagonis Star en haar vriendin Marco ‘n konsert by waartydens hulle omring is deur soenende paartjies, en onder die skare kan twee mans gesien word wat mekaar omhels en later in die episode lesbiese paartjies wat soen.

Die onvanpaste skermskote is tydens ‘n musikale nommer. Gays beskou dit as hoogs betekenisvol omdat biologies-gebaseerde geslagsonderskeidings in Disneyfilms nou iets van die verlede is.

LGBT-kykers het op Twitter die soenery verwelkom, met die hoop dat dit die weg baan vir verdere “diversiteit” in Disneyfilms, maar die meeste ouers het gesê dat hulle teleurgesteld is deur die voorstelling van LGBT verhoudings in kinderprogramme. Martha Cliff, ‘n joernalis en LGBT advokaat, het getwiet, “Ons kom daar, een ​​soen op ‘n slag.”

Die komende film Beauty and the Beast sal die eerste openlike gay karakter in Disney bevat, volgens die direkteur van die film. Bill Condon sê die karakter LeFou se geleidelike versoening met sy seksualiteit is ‘n manier om LGBT sigbaarheid op die skerm te verhoog.

“Dit is ‘n pragtige, uitsluitlik gay oomblik in ‘n Disney fliek,” het Condon bygevoeg.

Dit is nie die eerste keer dat die kabelnetwerk LGBT karakters in hul programme ingesluit nie. In 2016, het die skeppers van Gravity Falls bevestig dat twee manlike karakters in werklikheid gay was, en in ‘n verhouding.

Disney se pro-gay aktivisme het baie mammas en pappas naar op die maag. Soos Fox News opgemerk het, sien baie dit as ‘n ramp dat ‘n samelewing geskep word “waar kinders nie meer kinders kan wees nie”.

“Maar deesdae gaan alles oor die LGBTQIA agenda. En wanneer dit kom by die vermaaklikheidsbedryf, is niks heilig in sy strewe om Amerikaanse kinders te indoktrineer nie. Nie eens Disney nie,” het Todd Starnes opgemerk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.