Noordwes-premier mik vir myne

Deel op

Die Premier van Noordwes Supra Mahumapelo sê dit is hoogtyd dat die grootste gedeelte van die provinsiale regering die myne vasvat om meer geld uit hulle te tap.

Hy sê om dit te bewerkstellig gaan ‘n konsepwet in die provinsiale wetgewer ter tafel gelê word wat regeringsdepartemente en instansies, asook privaat maatskappye gaan dwing om sowat 70 persent van hulle begrote aankope in kleiner dorpe in Noordwes te bestee.

Mahumapelo sê veral groot mynhuise in die provinsie – met ‘n totale besteding van R61 miljard oor die afgelope drie jaar – gaan nie gespaar bly nie. Hy sê slegs R48,6 miljard hiervan is in die provinsie bestee.

Mahumapelo sê hy is nou in gesprek met die Minister van Mineralebronne, Mosebenzi Zwane, oor hoe om mynhuise te dwing om meer geld in die provinsie te bestee.

“Die myne gaan ons nie los. Ons gaan klein myners help terwyl ons groter mynhuise gaan dwing om meer in die provinsie te belê. Ek praat met die minister sodat ons na maniere kan kyk om hulle by te kom. Ons kan selfs oorweeg om nie groot mynhuise se lisensies te hernu nie.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.