SASSA-wiele wil afkom en minister kruip weg

Deel op

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa sê die regering sal nie toelaat dat die wiele afkom met ‘n krisis is Sassa se maatskaplike toelaes nie.

Ramaphosa het vrae beantwoord in die Nasionale Vergadering in ‘n poging om vure dood te slaan nadat die huidige kontrakteur, CPS wat die uitbetalings behartig, se tender deur die Grondwethof ongeldig verklaar is in 2013.

Sedertdien het die hopelose ANC-minister belas met die saak, gesit en slaap en nog niks aan die kwessie gedoen nie.

Die IVP-LP Liesl van der Merwe het gesê die minister van maatskaplike ontwikkeling Bathabile Dlamini het geen leierskap oor die saak getoon nie, en het eintlik hierdie week “skelm haar pos verlaat” deur nie te verskyn in twee parlementêre vergaderings nie.

Sy het gesê Dlamini het absoluut geen plan om die skema oor te neem in 30 dae se tyd nie, en wou weet of Ramaphosa die Parlement oor die hangende “Armageddon” kan gerusstel.

Ramaphosa het voorgegee dat daar stappe geneem word, maar Van der Merwe en ander opposisielede was nie gesus nie. “Daar is geen [stappe] nie!” het die opposisie LP’s geskree.

“Die Sassa saak gaan aangespreek word,” het hy gesê.

“Hoe?” het opposisie LP’s geskree.

“Die ‘Armageddon’ wat jy praat sal vermy word,” het hy vervolg.

Hy het gesê die 17 miljoen mense wat afhanklik is van die toelaes sal betaal word op 1 April, en die regering is ten volle bewus van die vereistes van die Konstitusionele Hof.

“Ons gaan om seker maak dat die wiele nie afkom nie,” het hy gesê.

“Hulle het reeds af!” het die ander kant teruggeskree.

“Wanneer ons dit doen,” het hy voortgegaan, “sal die minister bereid wees om hierheen terug te kom en hierdie saak te bespreek en ‘n oorsig van die stappe wat geneem word te gee.”

“Waar is sy?” het hulle vir oulaas geskree.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.