Unilever vir kartel-bedrywighede aangekla

Die Mededingingskommissie wil Unilever beboet met 10 persent van sy jaarlikse omset omdat dit as ‘n kartel-geval uitgewys is.

‘n Kartel is ‘n formele ooreenkoms tussen oligopoliste waarvolgens saamgespan word oor pryse, markaandeel, advertensiekoste, produkontwikkeling, ensovoorts. Ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing is samespanning onwettig en ondersoeke na die praktyke van groot firmas deur die Mededingingskommissie haal gereeld die nuus.

Die Kommissie wil die Mededingingstribunaal nader oor ‘n kartelsaak teen Unilever SA en Sime Darby Hudson Knight vervolg, is Woensdag aangekondig.

Die Kommissie het die Tribunaal genader om ‘n bevel dat Unilever en Sime Darby artikel 4 (1) (b) (ii) van die Wet op Mededinging oortree, sowel as ‘n bevel wat verklaar Unilever is aanspreeklik vir die betaling van ‘n administratiewe boete gelykstaande aan 10 persent van sy jaarlikse omset.
 
Dit volg na ‘n ondersoek deur die Kommissie in 2014, wat bevind het dat die twee maatskappye, Unilever se plaaslike eenhede en Sime Darby, betrokke was by prysvasstelling.

Tussen 2004 en 2013, het die twee maatskappye ‘n ooreenkoms aangegaan om nie met mekaar oor sekere verpakkingsgroottes van margarien en eetbare olies mee te ding nie. Hierdie optrede is strydig met die Wet op Mededinging.

Sime Darby het reeds met die Kommissie in 2016 geskik. Hy is die wêreld se top-palmolie verskaffer.

“Voedsel and landbou-verwerking is belangrike fokusareas vir die Mededingingskommissie, en ons is vasbeslote om korrupsie en uitbuiting van verbruikers deur kartelle wat so algemeen is in dié sektor uit te roei” het die kommissaris van die Mededingingskommissie, Tembinkosi Bonakele gesê.

Die klassieke voorbeeld in Suid-Afrika was die kartel tussen die drie belangrikste sementvervaardigers, Pretoria Portland Cement (PPC), Anglo-Alpha en Blue Circle, wat gesamentlik vir meer as 90 persent van die sementverkope in die land verantwoordelik was.

Hierdie drie firmas het vir ‘n lang tydperk saamgespan wat prysvasstelling en markaandeel betref en het amptelik toestemming verkry om saam te span, selfs nadat samespanning in 1986 verbied is. In Oktober 1994 het die regering egter die toestemming teruggetrek en die kartel is tot die einde van 1996 gegun om te ontbind.

Alhoewel die ontbinding plaasgevind het, beweer sementgebruikers dat daar steeds ‘n kartelooreenkoms bestaan tussen PPC, Alpha Cement en Lafarge SA (soos Blue Circle nou bekend staan). Die firmas is steeds geneig om hul pryse op dieselfde datums met ongeveer dieselfde persentasie te verhoog, en sementgebruikers vind dit bykans onmoontlik om van een verskaffer na ‘n ander te skuif.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Ou Transvaal

    Regstellende aksie is ook ‘n kartel-bedrywigheid ..Vraag hierdie beoogde boete , gaan dit na die verontregte verbruiker deurgegee word of in die bankrot staatskas beland??

    • Vrystaat

      Ek wonder dieselfde ding. Ek het so ‘n idee dat die voosvuis verbruiker nie enige voordeel daaruit sal verkry nie. Onthou die begroting is R28Miljard kort. Dit lyk vir my eerder na ‘n samespanning vanaf die owerhede om geld te kry uit die privaat sektor…

      • Ou Transvaal

        KOLSKOOT!!

  • Suidpunt

    “Dit volg na ‘n ondersoek deur die Kommissie, wat bevind het dat Unilever
    en Sime Darby markte opgedeel het deur die toekenning van spesifieke
    tipes produkte en kliëntegoedere in die mark vir die vervaardiging en
    verskaffing van bak-en kookprodukte in Suid-Afrika.”

    My sakekennis is hier bietjie vlak omtrent koopware (‘kliëntegoedere’ is ‘n foutiewe vertaling van ‘customer goods’; ook ‘klantegoedere’ is verkeerd; en die ellelange sinsbou is onafrikaans!). Wat ek wel op skool geleer het laat veel te wense oor. Soos ek die stuk lees, het die maatskappy gekyk na die koop-en-verkoop van goedere in die Suid-Afrikaanse mark, en toe die ander sakebedrywe (hul mededingers) se vervaardigers uitgekoop. Wat word bedoel met “markte opdeel”? Ek weet steeds nie wat hierbo bedoel word nie. As ek verkeerd is, kan iemand dit asseblief eenvoudiger, en in reguit Afrikaans stel, met ‘n voorbeeld, asseblief?