SA verkeer in ‘n resessie

Deel op

Die nuutste BBP-data van Dinsdag het bevestig dat Suid-Afrika se ekonomie gekrimp het vir die eerste keer in 10 jaar, wat die kanse vergroot dat die reserwebank die rentekoerse kan verlaag voor die volgende geskeduleerde vergadering in April.

Deel op

Dinsdag het ekonome gewaarsku dat Suid-Afrika reeds in ‘n resessie mag wees, met vervaardigingsuitsette op die laagste vlakke seder 1969 en motorvervaardigers wat die regering nader met versoeke vir ‘n hulppakket ten waarde van R100 miljard.

{mosbanner:id=10}

“Ons is getref deur die globale situasie en enige iemand wat dink ons is nie in ‘n resessie nie is verkeerd. Ons verkeer nou in een,” het Mike Schussler, ‘n ekonoom gesê.

Ou Mutual-ekonoom, Rial le Roux, het gesê “afhangende van die week se Januarie-inflasiedata, (kan) die bank (‘n rentekoersverlaging aankondig) teen die einde van die week.”

Schussler het saamgestem dat “’n rentekoersverlaging heel moontlik is, maar die laer inflasiedata (wat Woensdag verwag word) kan sekerlik die deure oopmaak vir rentekoersverlagings".

mositaldentФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.