Pistorius buite gevaar

Die lemnaeler, Oscar Pistorius, is in ‘n bevredigende toestand ná ‘n bootongeluk op die Vaalrivier verlede naweek, het Gautengse polisie Woensdag gesê.

Mazibuko het gesê polisie stel tans ondersoek in na ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur, maar kon nie sê of alkohol ‘n rol gespeel het in die ongeluk nie. Mazibuko het gesê ‘n besluit of Pistorius aangekla sal word of nie, sal later geneem word.

Beeld het aan verslaggewers gesê dat Pistorius die tweedehandse boot net 4 dae voor die ongeluk in ontvangs geneem het.

Die ongeluk het Saterdag gebeur en Pistorius het ernstige gesigbeserings opgedoen.

соль для

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.