EFF se Grondwetwysiging vir grondgryp afgestem

Deel op

Die leier van die EFF, Julius Malema het die ANC veroordeel omdat die party die EFF se aanbod van ses persent van sy nasionale stemme verwerp het om verandering aan die grondwet te weeg te bring.

Die wysigings sou die onteiening van grond moontlik maak, het RSG berig.

Malema het die laaste sê gehad in die debat oor die EFF se mosie oor grondonteiening. Malema het die ANC van skynheiligheid beskuldig.

Die DA LP, Thomas Walters, sê mislukkings met grondhervorming kan nie voor die deur van die Grondwet gelê word nie. Die DA het teen die mosie gestem.

Walters sê klousule 25 van die grondwet is nie die rede waarom grondhervorming misluk nie.

Intussen sê die DA die wysigingswetsontwerp op die Finansiële Intelligensiesentrum is een van die belangrikste wetgewende wapens in die stryd teen korrupsie in die land.

Die DA se woordvoerder oor Finansies, David Manier, het in die Nasionale Vergadering se debat oor die FICA-wetsontwerp gepraat.

Die wetsontwerp is maande gelede deur die President na die Parlement teruggestuur nadat hy die grondwetlikheid daarvan bevraagteken het.

Dit is gister met die steun van al die partye aanvaar. Die EFF se hoofsweep, Floyd Shivambu, het intussen ‘n beroep op die President gedoen om die FICA-wetsontwerp so gou as moontlik te onderteken.

Volgens Shivambu is dit nodig sodat die land ‘n behoorlike werktuig kan hê om finansiële misdade, geldwassery en ander internasionale oortredings vas te vat.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.