Die N1 Noord en ander groot snelweë wat lei na Pretoria is geblokkeer deur ‘n protes van vragmotorbestuurders.
Volgens ‘n verslag deur EWN, is die Steenkoolvervoer Forum besig met ‘n “ry-stadig” protesaksie nadat president Jacob Zuma gesê het die regering sal onafhanklike kragprodusente kontrakteer.
Bestuurders is bekommerd dat die gebruik van onafhanklike produsente sal lei tot werkverliese vir die mynbousektor. Die vragmotorbestuurders is ontevrede omdat Eskom klaarblyklik nie meer steenkoolvervoerkontrakte aan vragmotorbestuurders gaan toe ken nie.
Die verslag het gesê dat sowat 100 vragmotorbestuurders vanoggend na die Uniegebou in Pretoria opruk.
“Die forum sê hulle gaan nie ‘n snelweg versper nie, maar bloot stadig om Marabastad ry,” het EWN gesê. Dit is onwettig om die pad te versper.
Groot verkeersontwrigtings kom voor in Pretoria as gevolg van die protes. Verkeer op die hoofroetes van en na Pretoria word ontwrig op die N-1, N-4, N-14 naby Jeanlaan, R-21 en in die middestad.
Op die R-21 staan die vragmotors botstil vanaf Nelmapiusrylaan tot voor Solomon Mahlangurylaan.
Traffic CHAOS in PTA.
Tswane truck blockade – highways blocked.
N1N > Gartsfontein
R21N > Irene
N14N > Jean Ave
N4W > Solomon Mahlangu pic.twitter.com/xoDHpaRyhu— EWN Traffic (@EWNTraffic) March 1, 2017