Aansteeklike siektes en beserings dood byna die helfte van SA

Deel op

Statistiek Suid-Afrika het ‘n verslag vrygestel oor die top 10 grootste oorsake van sterftes in Suid-Afrika, wat gebaseer is op doodskennisgewings wat deur die Departement van Binnelandse Sake bygewerk word.

Die voorste oorsake van natuurlike sterftes onder Suid-Afrikaners in 2015 was tuberkulose en diabetes.

Tuberkulose is verantwoordelik vir 8,3 persent van sterftes onder mans, terwyl diabetes onder vroue die voorste onderliggende natuurlike oorsaak van dood verantwoordelik is met 7,1 persent.

Tuberkulose word dikwels geassosieer met MIV/vigs. ‘n Aansienlike vermindering in die aantal sterftes aan tuberkulose is nogtans waargeneem, maar leefstylsiektes soos diabetes is aan die toeneem.

Die data wat gebaseer is op rekords van 2015, het bevind dat die grootste aantal sterftes wat daardie jaar plaasgevind het, onder mense tussen die ouderdomme van 60-64 jaar oud was, terwyl die laagste getal waargeneem is tussen die ouderdom van 5-9 en 10-14 jaar.

Volgens die verslag, was daar meer manlike sterftes as vroulike sterftes in 2015. Oor helfte van alle sterftes (55.5 persent) is toe te skryf aan nie-oordraagbare siektes.

Oordraagbare siektes is verantwoordelik vir 33,4 persent van sterftes, terwyl beserings die leidende geval van nie-natuurlike sterftes is, en verantwoordelik vir 11.1 persent van sterftes.

Die instelling se resultate het getoon dat ses van die top tien oorsake weens nie-aansteeklike siektes was, terwyl die ander vier aansteeklike siektes was.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.