Oesskattings lyk rooskleurig vir 2017

Deel op

Suid-Afrika sal na verwagting byna 80 persent meer mielies in die 2017-seisoen produseer as in die vorige seisoen.

Dit is aan die lig gebring deur die Oesskattingskomitee wat sy eerste produksieskatting vir somergewasse gedoen het.

Dit dui op ‘n verwagte kommersiële mielie-oes van net meer as 13,9 miljoen ton, wat meer as 6 miljoen ton meer sal wees as verlede jaar se oes.

Die grondbone-oes sal intussen na verwagting met net minder as 400 persent vanjaar toeneem tot ‘n verwagte totaal van net meer as 88 000 ton.

Sojaproduksie sal na verwagting met meer as 44 persent styg, droë bone sal met byna 82 persent toeneem en sorghum met sowat 100 persent. Sonneblomsaadproduksie sal na verwagting daal met 23 persent vanjaar.

Die volgende produksieskatting vir somergewasse sal vrygestel word op 28 Maart.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.