Sweedse speurder braai PK-politici wat nie-wit geweld ignoreer

Peter Springare

Swede het blykbaar vir die eerste keer met nie-blankes te make danksy immigrasie. ‘n Sweedse polisieman het die skuld vir geweldsmisdaad in sy land vierkantig op nie-blanke immigrante geplaas sowel as politici wat opsetlik die probleem ignoreer.

Peter Springare, 61, ‘n speurder in Orebro, het reeds opslae gemaak op Facebook met sy vorige kommentaar oor nie-blanke misdaad.

Die Sweedse speurder het gesê hy word nie toegelaat om die etnisiteit van misdadigers wat betrokke is by verkragting of wapengeweld aan te teken nie.

Nie net blameer Springare geweldsmisdaad op immigrante nie, maar hy beskuldig politici dat hulle dié kwessie opsetlik ignoreer as gevolg van “politieke korrektheid”.

Vroeër hierdie maand het Springare, wat al meer as 40 jaar in die polisie werk, sosiale media aan die brand gehad toe hy verduidelik het hoe die etnisiteit van geweldsmisdaadverdagtes amptelik nie aangeteken mag word nie. Aanklaers het selfs begin met ‘n ondersoek teen hom vir die “aanhitsing van rassehaat” maar later die aanklagte laat vaar.

“Lande wat in die weeklikse lys misdade verskyn: Irak, Irak, Turkye, Sirië, Afghanistan, Somalië, Somalië, Sirië weer, Somalië, onbekend, onbekende land, Swede,” het Springare geskryf.

“Die helfte van die verdagtes, kan ons nie seker oor wees nie omdat hulle nie enige geldige ID’s het nie. Wat op sigself gewoonlik beteken dat hulle lieg oor hulle nasionaliteit en identiteit.”

Springare het aan die Britse Sunday Times vandeesweek gesê amper uitsluitlik immigrante is betrokke by geweldsmisdade: “Die hoogste en mees ekstreme geweld – verkragtings en skietery – word oorheers deur kriminele immigrante.”

Hy het gesê die misdade is anders as die gewone misdade in Swede. “Dit is ‘n ander misdaad wat taaier en ruwer is. Dit is nie wat ons gewone Sweedse misdaad sou noem nie. Dit is ‘n ander dier.”

Op sy Facebook skryf Springare: “Ek is so fokken moeg. Wat ek hier onder gaan skryf, is nie polities korrek nie. Maar ek gee nie om nie. Wat ek julle almal gaan vertel word nie toegelaat vir ons werknemersopnames nie.

“Hier gaan ons; Ek het van Maandag tot Vrydag hierdie week die volgende hanteer: verkragting, verkragting, roof, ernstige aanranding, verkragting-aanranding en verkragting, afpersing, afpersing, aanranding, geweld teen die polisie, bedreigings vir die polisie, dwelmmisdaad, dwelms, misdaad, poging tot geweldd, poging tot moord, verkragting weer, afpersing weer en mishandeling.

“Verdagte oortreders; Ali Mohammed, Mahmod, Mohammed, Mohammed Ali, weer, weer, weer, Christopher … wat is dit daar. Ja, ‘n Sweedse naam ook betrokke by ‘n dwelmmisdaad, Mohammed, Mahmod Ali, weer en weer.”

Springare gaan binnekort aftree en sê hy is nie bang vir die dissiplinêre stappe wat teen hom gaan kom nie.

“Die politici het gereageer op Trump soos tieners wanneer iemand hul hare kritiseer as lelik. Ek hoop hy het hulle oë geopen. Die gewone mense het nie Trump nodig om dit te doen nie. Hulle begryp ​​reeds die dinge wat ek opper baie goed.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.