Brandweer weer in Kaapstad aangeval

Deel op

Brandweermanne van Kaapstad moes Maandagaand van ‘n brandtoneel vlug nadat hulle aangeval is.

Hulle is ontbied na ‘n lokasie waar ‘n plakkershut aan die brand geslaan het, maar moes onttrek toe plakkers hul brandweervoertuie met klippe bestook het.

Die Stad Kaapstad sê die brandweer is uitgeroep na ‘n brandende hut in die Phumlani-lokasie in Lotus Rivier op die Kaapse Vlakte, maar hulle moes terugdraai sonder dat hulle die brand kon blus.

‘n Woordvoerder vir die brandweer, Tracey Whittaker, sê die brandweermanne het hulle met drie voertuie na die toneel gehaas, maar die inwoners het hulle nie toegelaat om die brandende hut te bereik nie.

Die brandweer moes terugdraai. Hulle het later na die toneel teruggekeer, maar die situasie was steeds plofbaar.

Die Stad Kaapstad het hul kommer oor die stygende aantal aanvalle op brandbestryders uitgespreek.

Dit volg op ‘n rits aanvalle wat begin het in November 2015.

‘n Maand gelede het brandbestryders gereageer op ‘n noodoproep in Guguletu, maar dit was ‘n fopoproep gewees, en hulle is met klippe bestook en groot skade is aan een van die Stad se brandweerwaens aangerig.

Die brandweer het opgedaag in Sonwabilestraat teen ongeveer 20:40, waar hulle ontdek het daar is geen vuur nie.

Kort daarna is die span in ‘n lokval gelei deur ‘n groep swartes wat die voertuig met klippe bestook het. Nie een van die brandbestryders is beseer nie, maar hul brandweerwa is beskadig, insluitend ‘n gebreekte voorste en agterste ruit en skade aan die bakwerk van die voertuig. Die motorpomp, ter waarde van sowat R3,5 miljoen, is erg beskadig.

Dit beteken dat die Stad een minder brandweerwa gaan hê tydens die besigste tyd van die brandseisoen.

Die Stad Kaapstad het meer as sulke 17 voorvalle sedert Oktober 2015 aangemeld tot en met 4 April verlede jaar in Klipheuwel, Khayelitsha, Retreat, Vrygrond, Dunoon, Elsiesrivier, Manenberg en Nyanga waar reddingsvoertuie met klippe bestook word.

“In watter heelal is daar iemand wat verhoed dat ‘n brandweerman van hul werk weerhou word om lewens te red en eiendom, tensy daardie persoon ‘n agenda het?” het ‘n woordvoerder van die Stad gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.