“Dit is ‘n groot teleurstelling vir die span wat jare se harde werk ingesit het om die projek deur te sien,” het Charles Dovale, die lanseerbestuurder gesê. “Die rede dat nie enige iemand dit kan doen nie, is omdat dit moeilik is. En selfs al doen mens jou beste kan dit steeds misluk. Dis ‘n harde bedryf.”
Die Wentelende Koolstof-observatorium het op skedule opgestyg teen 1:55 voormiddag Atlantiese tyd van Vandenberg-lugmagbasis in Kalifornië, op ‘n vier-fase-Taurus XL-vuurpyl.
{mosbanner:id=10}
Drie minute later, gedurende die derde fase se brandtyd, het die skerm van die vrag, ‘n neusstuk wat die satelliet beskerm, gedurende die opstyg deur die atmosfeer nie losgekom soos dit moes nie.
Die derde en vierde fases het behoorlik ontbrand, maar vanweë die ekstra gewig van die neusstuk het die satelliet nie die wentelbaan bereik nie.
Die satelliet het teruggeval na die aarde en net duskant Antarktika in die oseaan geval.
Die koolstofobservatorium moes presiese vlakke van koolstofdioksied – die hittebergende gas wat aardverwarming veroorsaak – in die lug meet. Wetenskaplikes het gehoop die nuwe data, wat die hele planeer sou dek, sou hulle help om klimaatsmodelle te verbeter en om koolstofbakke, wat baie koolstofdioksied absorbeer, soos oseane en woude beter te verstaan.