Kaapstad waarsku dat water kan opraak as verbruikers nie begin spaar nie

Deel op

Kaapstad sê damvlakke in die Wes-Kaap is besig om drasties te daal, ondanks oproepe op die publiek om water spaarsaam te gebruik.

Die belangrikste damme in die provinsie is gemiddeld 33 persent vol, het ‘n woordvoerder vir die burgemeesterskomitee, Zara Nicholson, gesê.

Die stad se daaglikse waterverbruik beloop nagenoeg 840-miljoen liter per dag, wat baie hoër is as die voorgestelde verbruik van 700-miljoen liter per dag.

Sy sê die stad het nog net water vir sowat 120 dae oor. Sy sê hoewel die publiek nie beheer het oor die weer nie, het hulle wel beheer oor hul watergebruik en moet dit nie vir nie-noodsaaklike doeleindes gebruik word nie.

Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell sê damvlakke regoor die Wes-Kaap het reeds gedaal tot ‘n gemiddeld van 31 persent. Damme was 33,29 vol op 19 Februarie.

In ‘n verklaring, het Bredell gesê die belangrikste strategie vir die provinsie is om waterverbruik te beperk.

“Die grootste korttermyn geleenthede in reaksie op die onmiddellike waterkrisis lê tans in inkomstevrye watervermindering, private hergebruik en herwinning, en waterbewaring,” het hy gesê.

Damme wat water aan die Stad Kaapstad voorsien is ongeveer 10 persent laer vanjaar – op 32,43 persent – in vergelyking met 40,31 persent in 2016. Die Bergrivier, Gouritz River en Olifantsrivier opvanggebiede het dieselfde of effens hoër watervlakke aangeteken.

Intussen het die Shoprite Groep gehoor gegee aan die oproep om die Stad se waterverbruik te verminder.

“[Pogings om water te bespaar sluit] die opskorting van tuinbesproeiing en die was van vragmotors by al sy fasiliteite in die provinsie in, asook die gebruik van stene in alle toiletspoelbakke om water te bespaar,” het die handelaar in ‘n verklaring gesê.

“‘n Oudit van alle krane in die winkels is onderneem, met self-sluiting krane wat geïnstalleer word waar probleme geïdentifiseer is.”

Shoprite het gesê dit het ook onbepaald die verkope van opblaas- en draagbare swembaddens opgeskort.

Die Stad Kaapstad het Vlak 3B waterbeperkings in Januarie ingestel wat die gebruik van drinkbare water vir tuinmaak drasties inkort.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.