Span ondersoek breinvliesontstekingdood

Deel op

Image‘n Uitbraakreaksiespan het Dinsdag ‘n skool in Senaone in Soweto besoek ná ‘n leerling dood is aan virale breinvliesontsteking, het die Gautengse departement van gesondheid gesê.

Deel op

'n Woordvoerder Phumelele Kaunda het gesê die 7-jarige seun van Emaweni-laerskool is Maandag in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal dood aan virale breinvliesontsteking.

Die uitbraakspan het Dinsdag die skool besoek.

Die span het die situasie by die skool geassesseer en inligting gegee aan lede van die gemeenskap wat bang is vir ‘n uitbraak van die siekte.

{mosbanner:id=10}

“Niemand is gevind wat tekens van die siekte het nie, en ook nie van die dodelike bakteriële breinvliesontsteking nie.”

“Die oorsaak van die dood en die implikasies is aan die ouers verduidelik en sal oorgedra word om vrese van ‘n uitbraak te besweer in die skool sowel as die gemeenskap,” het Kaunda gesê.

Simptome sluit in erge hoofpyn, koors, braking, irriteerbaarheid, verminderde bewustheid en uitslag op die liggaam.

Die siekte versprei deur druppels vloeistof vanuit die mond, neus en keel van mense wat die siekte onder lede het.

“Om breinvliesontsteking te voorkom, moet mens kontak vermy met enige iemand wat die siekte vermoedelik het, en ook hande was indien mens aan so 'n persoon geraak het.”

“Diegene wat enige van die simptome ervaar, of wat in kontak was met iemand wat breinvliesontsteking het, behoort onmiddellik aan te meld by ‘n gesondheidsorgfasiliteit, waar hulle ondersoek sal word en die nodige medikasie sal ontvang,” het Kaunda gesê.

pearl and diamondЛобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.