Switsers befonds Nollywood-reeks om swartes uit hul land te hou

Deel op

Die Switserse regering het geld gegee vir ‘n Nigeriese TV-reeks om potensiële swart immigrante na Switserland af te skrik.

Die Nollywood-reeks vermy die tradisionele toerisme-lokaas, vriendelike gesigte met sonnige landskappe, sneeubedekte berge, mere en buitelugkafees, het Switserse nuusagentskappe berig.

Getiteld Missing Steps, is die reeks van 13 episodes beide in Nigerië en Switserland verfilm deur ‘n Nigeriese filmspan.

Die protagonis van die Switsers-Nigeriese ko-produksie, is ‘n jong Nigeriër wat asiel geweier word deur die Switserse owerhede en onwettig leef in Switserland.

Die storie volg “Josua” wat na Switserland kom en ontdek dat die lewe nie so lekker is soos hy gedink het dit sou wees nie. Lewe in Switserland is in werklikheid ‘n daaglikse stryd.

“Ons wil objektiewe inligting oor migrasie bied, wat daarop dui dat die tog [oor die Middellandse See] gevaarlik is en dat die kanse van Nigeriërs wat asiel toegestaan word, laag is. Ons beoog ook om te verduidelik dat die lewe vir onwettige immigrante in Switserland nie maklik is nie,” sê Lukas Rieder, woordvoerder van die sekretariaat vir Staatsmigrasie (SEM), wat die projek befonds.

“Ons het gesien dat ‘n gebrek aan inligting of vals inligting een van die grootste probleme is wat lei tot onwettige migrasie,” het hy bygevoeg.

“Mense smokkelaars vertel aan voornemende immigrante dat Switserland ‘n paradys is, dis Eldorado. Maar dit is nie waar nie. Ons wil objektiewe inligting oor die gevare wys.”

Amnestie Internasionaal het die veldtog skerp gekritiseer. “Dit is duidelik dat immigrante korrek ingelig moet word oor Switserse reg en asielproses,” het die organisasie se Denise Graf gesê aan swissinfo.ch.

“Maar in die eerste plek moet Switserland werk daaraan om die situasie van menseregte en die toekenning van hulpbronne aan Nigerië te verbeter.”

In 2016, is 27 207 asielaansoeke in Switserland ingedien. Hiervan was 1 106 van Nigeriese burgers (4,1 persent). In dieselfde jaar, het slegs drie mense asiel ontvang.

Dit is nie die eerste poging van die Switsers om swartes uit die Konfederasie te hou nie. In 2007, het Switserland ‘n twee-minuut advertensie in verskeie Afrika-lande soos Kameroen en Nigerië vertoon om potensiële reisigers te weerhou van die reis.

Die advertensie is in beide Wes-Afrikaanse lande uitgesaai in die duurste kykersegment, en beeld die lewe van nuwe immigrante in Europa uit as een belaai met ongelukkigheid, vyandigheid en gevaar.

In die kort film bel ‘n swarte sy pa van ‘n plek in Europa in die gietende reën en verseker hom dat alles goed gaan, terwyl hy in werklikheid op straat lewe, gejaag word deur die polisie en moet bedel om te eet.

Switserland is ook nie die enigste land wat soortgelyke veldtogte teen swartes befonds nie. Duitsland, Italië en Australië produseer video’s met ‘n negatiewe boodskappe wat gerig is aan swart immigrante.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.