Farage vertel Duitsers om nie vir Merkel te stem nie

Bannon, Priebus, Farage
Deel op

Nigel Farage het aan die media by die CPAC-konferensie vertel by die Gaylord National Convention Center in National Harbor, Maryland, dat Duitsers nie moet stem vir Angela Merkel nie.

Die voormalige UKIP-leier en lid van die Europese Parlement, wat deur Donald Trump beskryf is as “die man agter Brexit,” het in ‘n onderhoud met Deutsche Welle oor Europa se komende verkiesings gepraat.

“Ek sou nie stem vir Angela Merkel nie, dit is die eerste stuk raad wat ek sal gee,” sê Farage. Hy het bygevoeg dat Merkel ‘n paar “katastrofiese foute” met die immigrasiebeleid van haar land gemaak het.

“Die opening van die grense aan die sogenaamde vlugtelinge, toe dit geblyk het dat 70 persent van hulle jong mans is, en ekonomiese migrante. Geen keuring, geen sekuriteitskontrole op ‘n enkele een van hulle nie, en al hierdie dinge in ‘n regime in Europa – waar ‘n man ‘n vragmotor in ‘n Kersfeesmark kan inry in Berlyn – waarvan sy die grootste ondersteuner is. En omdat sy opgegee het op grensbeheer, kan die mees gesoekte man in Europa indien nie die wêreld nie, daarna ‘n trein haal na Frankryk, en dan na Italië, sonder dat iemand nagaan wie hy is,” het hy gesê oor die terreuraanslag in Berlyn.

“Ons kyk na die Duitse verkiesing, ons kyk na die Nederlandse verkiesings, Franse verkiesings en kort voor lank sal daar Italiaanse verkiesings wees – Ek dink daar gaan vanjaar ‘n groot verskuiwing in die Europese politiek wees.”

Farage het aan die CPAC gehoor vroeër gesê die “ware vriende” van die Verenigde Koninkryk kan Engels praat, in ‘n opmerking wat gerig is aan die Europese Unie. “Ons ware vriende in die wêreld praat Engels, beskik oor die gemene reg, en staan ​​by ons in tye van krisis,” het Farage aan Trump-ondersteuners gesê.

Hy het gesê hy ondersteun ook Trump se kritiek van die media. “Jy [Trump] het net ‘n paar maande van mishandeling [deur die media], ek het 20 jaar daarvan,” het hy gesê. Hy het gesê ná agt maande van Brexit het “niks gebeur nie”.

Farage het herhaal wat Trump in ‘n onderhoud aan die Duitse dagblad Bild en Britse koerant The Times gesê het, en die Duitse kanselier se “katastrofiese fout” genoem deur toe te laat dat immigrante die land oorstroom.

Die Amerikaanse president het by die konserwatiewe konferensie verwys na Europa, veral Swede, Frankryk en Duitsland met betrekking tot immigrasie. “Kyk wat gebeur in Swede. Ek is lief vir Swede: mooi land, mooi mense … Die mense daar verstaan ​​ek is reg,” het Trump aan ‘n gehoor by die Konferensie (CPAC) gesê.

Withuisstrateeg Steve Bannon het ook oor die werklike bedreiging uitgebrei in sy optrede: ‘n kritiese media wat funksioneer as “die opposisieparty” sê hy. “Hulle is die korporatitiese, globalistiese media wat onwrikbaar gekant is teen die ekonomiese nasionalistiese agenda wat Donald Trump het,” het Bannon gesê.

Bannon voorspel dat die media “elke dag” sal veg teen die Trump agenda. “Dit gaan net erger word,” het hy gewaarsku.

Maar hy het kiesers gerusgestel en gesê Trump is soos ‘n “maniak gefokus” op sy veldtogagenda, wat hy beskou as ‘n “nuwe politieke bestel”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.