Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid in die Tshwane-metroraad, kan die taxibestuurder op grond van die regsbeginsel van dolus eventualis van moord aangekla word, volgens regsadvies wat deur die party ingewin is.
Hiervolgens kan ‘n oortreder wat kon voorsien en hom daarmee versoen dat sy aksies tot iemand se dood (direk of indirek) sou lei, en steeds met daardie aksies voortgaan, aan moord skuldig wees.
{mosbannder:id=10}
“Alle inligting van ooggetuies dui daarop dat Bernadine se dood nie bloot die resultaat van roekelose bestuur is nie, maar dat daar ‘n element van opset was om haar raak te ry om haar uit die taxi se pad te dwing. Dit is moord en nie strafbare manslag nie”, het Beyers gesê.
Die VF Plus het ook gesê dat ondersoek ingestel moet word oor waarom die taxibestuurder nie op die toneel in hegtenis geneem is nie. “Dit is onaanvaarbaar dat taxibestuurders telkens die voordeel van die twyfel gegun word wanneer hulle oortree. Dit is een van die oorsake van taxibestuurders se roekelose en uitdagende houding jeens die reg en mede-padgebruikers. Hulle tree eenvoudig op asof hulle nie onderhewig aan die reg is nie.”