Wilders se veiligheid ernstig in gedrang wys nuwe inligting

Deel op

Geert Wilders is in goter gevaar as wat voorheen berig is, nadat meer inligting oor sekuriteitsprobleme onthul is.

Die politieke donderslag wat Woensdag in Nederland geslaan het, is op die punt om selfs meer skade aan die elite aan te rig.

‘n Polisieman met dubbele burgerskap (Marokkaans en Nederlands) het inligting aan Marokkaanse misdadigers en moontlik aan terroriste uitgelek. Hy was in diens van die DBB, Diens Bewaken en beveiligen, die diens wat Wilders beskerm.

Maar volgens die jongste onthullings het die agent, Faris Kattat, nie net gewerk vir die DBB nie, maar was ook deel van die IRIS span wat Wilders beskerm het, as ‘n “verkenner”. En asof dit nie genoeg is nie, is agent Faris in hegtenis geneem en vrygelaat die volgende dag.

Daarbenewens het Faris het ‘n broer, Mohammed, wat vir die polisie in Utrecht gewerk het, maar is afgedank omdat hy sensitiewe inligting in 2007 gelek het.

Twee polisiehoofde moes reeds bedank te midde van dié growwe nalatigheid. Theo van der Plas en Michel Beaten, wat die DBB bestuur, moes hierdie week op versoek van hul rooigesig meerderes die pad vat.

Wilders sou waarskynlik beter daaraan toe wees as hy sy eie veiligheidsmaatreëls bestuur, maar dit is streng verbode onder Hollandse reg. Hy het getwiet dat sy veiligheid tans ‘n ernstige kopseer is.

Die PVV het alle openbare verskynings deur Wilders en ander PVV parlementariërs gekanselleer, maar die regering meen “Wilders was nooit in gevaar te eniger tyd nie”, ‘n verrassende verklaring onder die omstandighede nadat nie minder nie as twee polisie afgedank is oor die saak.

Die Nederlandse Moslemgemeenskap het intussen woedend gereageer oor die arrestasie van Faris K. Hulle sê daar is geen Marokkaanse-Hollandse kriminele bendes nie en sy inhegtenisneming is nog ‘n teken van “rassisme”.

‘n Paar dae gelede het ‘n Moslemparlementariër Ahmed Marcouch van die Arbeiders gesê dat mense wat vir Wilders stem, nie in diens van die polisie behoort te wees nie en die enigste stemme van protes teen sy stelling het gekom van die PVV. Al die ander partye het instemmend geknik.

Wilders sê dat die agent hom selfs gevolg het na sy hoogsgeheime tuiste, ‘n plek wat veronderstel was om heeltemal veilig te wees.

Die jongste poging om Wilders se veiligheid te verontagsaam, moet kom as geen verrassing nie, veral ná die talle kere wat hy al wakker gemaak is in die middel van die nag om verskuif te word na ‘n veiliger plek weens moordkomplotte teen hom.

Die uitgewekene Nederlandse historikus, Arthur Legger, het nege jaar gelede oor die kommerwekkende metodes van die Nederlandse elite geskryf. Dit bring ‘n mens onder die indruk van hoe dapper Wilders is om standpunt in te neem teen ‘n amorele elite.

Die elite laat politici soos Wilders onbeskerm, sê Legger. “Net soos met Theo Van Gogh, het die direkteur en personeel van die Nederlandse Intelligensiediens grootliks geweet wat aangaan en wat gaan gebeur. Mohammed Bouyeri, die moordenaar van Theo van Gogh, was selfs hul informant vir ‘n paar maande, maar tog het hulle besluit om passief te bly. Op Dinsdag 16 Maart 2008 het die Nederlandse minister van Binnelandse Sake, G. Ter Horst hierdie feit in die Parlement erken.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.