Waterbeperkings in Gauteng kan opgehef word

Deel op

Waterbeperkings in Gauteng kan binnekort iets van die verlede wees ná die wydverspreide reën die afgelope twee weke in die provinsie.

Munisipaliteite in Gauteng het sedert laat verlede jaar 15 persent minder water van Rand Water gekry omdat damvlakke tot slegs 26 persent gedaal het.

Die Vaaldam, die belangrikste waterbron in Gauteng, is byna 100% vol, het gesê Departement van Waterwese se woordvoerder Maandagoggend verklaar. Maar “ons is steeds in ‘n droogte,” sê die woordvoerder.

“Vanoggend die Vaaldam was op 97,89 persent vol en nog sluise is oopgemaak. Hulle sal oop wees vir ten minste die volgende twee dae,” het hy gesê.

Die opheffing van waterbeperkings sal in die Staatskoerant gepubliseer word Maandag met onmiddellike effek.

“Dit sal uiteensit watter beperkings in Gauteng opgehef word.”

Sluise is sedert Vrydag by die Bloemhofdam in Noordwes oopgetrek.

Hoofsaaklik Gauteng, dele van Noordwes en kleiner dele van Mpumalanga en die Vrystaat het droogteverligting gehad..

Die minister van Waterwese, Nomvula Mokonyane, sê die vlakke van die geïntegreerde Vaalrivierstelsel het aansienlik verbeter, wat die opheffing van waterbeperkings moontlik maak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.