Leon Lemmer: Die einde van die Afrikaner?

Daar is al boeke gepubliseer oor die einde van die wetenskap, die geskiedenis, die blanke ras, die Weste, die beskawing, die mensdom, lewe, die natuur, die planeet Aarde, ens. In die sintuiglike werklikheid is daar skynbaar niks wat blywend is nie. Dit is moontlik dat daar vroeër of later een of meer boeke oor die einde van die Afrikaner sal verskyn. Ek skryf hiermee ‘n artikel oor die moontlike einde van die Afrikaner; ‘n artikel omdat ek dink dat die Afrikaner meer werd is as bloot ‘n voetnoot by die geskiedenis.

Die term “Afrikaner” verwys in hierdie konteks na blanke Afrikaanssprekendes wat vertroue in hulle gees- en kultuurgenote behou het; dus diegene wat hulle nie deur politieke byderwetsheid tot oordrewe skuldgevoelens laat mislei het nie. Afrikaners weet dat hulle tot ‘n etniese groep behoort wat uitmuntend in Afrika gepresteer het. Die voorsate van die Afrikaner het Europese beskawing nie na Noord-Afrika, wat naby Europa is, gebring nie, maar na Suidelike Afrika, wat baie ver van Europa is. Die intog van Europese beskawing in Suidelike Afrika het meer as 360 jaar gelede ‘n aanvang geneem, toe dit uiters moeilik was om groot afstande te oorbrug. Hoewel Afrikaners nie volmaak is nie, is baie van hulle goed en edel. Hulle is nie naasteby so sleg soos hulle deesdae glad te dikwels uitgemaak word nie. Die slegsêery kom dikwels van individue en groepe wat relatief prestasieloos is en glad nie ‘n roemryke geskiedenis en selfs hede het nie.

Ek skryf dus nie oor verloopte Afrikaners nie, maar oor ware of egte Afrikaners. Verloopte Afrikaners se idees en gedrag is sodanig dat hulle die ondergang van die Afrikaner en ander blankes bevorder. Pleks van voluit Afrikaners te wees, wil hulle eerder Suid-Afrikaners as ‘n integrerende deel van ‘n Afrika-nasie wees. Vir verloopte Afrikaners hoef daar geen eksklusiewe lewens- en kulturele ruimte te bestaan nie en hulle moedertaal kan sonder swarigheid maar deur Engels verdring word. Ware Afrikaners, daarenteen, is Suid-Afrikaners slegs in die sin van (tweederangse) burgerskap. Hulle ras, hulle blankheid, is ‘n bron van regverdigbare trots. Om voor die hand liggende redes is blankheid wêreldwyd die norm waarna ander rasse streef. Binne die blankedom, hulle rasgroep, is ware Afrikaners se etnisiteit, hulle Afrikanerskap, vir hulle van deurslaggewende belang. Afrikanerskap is die onvervreembare kern van ware Afrikaners. Afrikanerskap behels ‘n bepaalde lewens- en wêreldbeskouing. Grondliggend is daar ‘n konstellasie van waardes wat eie aan of kenmerkend van ware Afrikaners is. Daardie waardes is nie oplosbaar in of verruilbaar vir Afrika-waardes nie. Afrikanerwaardes is wesenlik tradisionele Europese waardes, wat in baie opsigte sterk van Afrika-waardes verskil.

My skrywe word veral aan apatiese Afrikaners gerig; dus diegene wat eintlik kerngesonde Afrikaners is maar niks doen om ons huidige toestand te probeer verbeter en te help dat daar ‘n rooskleuriger toekoms vir ons nageslag is nie. Die werklikheid van hierdie onverskilligheid en onbetrokkenheid is onlangs weer by my tuisgebring. ‘n Groepie Russiese studente wat Afrikaans geleer het, het Suid-Afrika besoek. Ter beskaming van baie plaaslike Afrikaanssprekendes het hierdie Russe getoon dat ‘n mens Afrikaans kan praat sonder om onnodige Engelse woorde te gebruik (Beeld 6 Februarie). Riaan Cruywagen het twee dae later op Netwerk24 hierdie Russe geloof en hulle Afrikaans as navolgenswaardig voorgehou. Uit Afrikanergeledere was daar bykans geen reaksie nie. Waar is al die kultuurvaders, Broeders, kultuurvrate, ens, heen wat Afrikaners voorheen op die regte pad probeer hou het? Apatie is ‘n siekte tot die dood toe, vir sowel individue as groepe.

In die oë van die huidige politieke bewindhebbers is die blankes en veral die Afrikaners nie uitnemende presteerders wat met dank en erkentlikheid oorlaai moet word nie. Nee, hulle rol in Suid-Afrika se geskiedenis word tot dié van onderdrukkers en uitbuiters gereduseer. Die standpunt van Thabo Mbeki, oud-Broeder Willie Esterhuyse se held, is tiperend van die ANC se houding. Mbeki “skets ‘n geskiedenis van 350 jaar van menseslagting, verslawing, uitbuiting en die oordrag van siektes. Hoewel die swartes ‘the producers of wealth’ was, was dit nie vir hul eie voordeel nie, maar vir ‘appropriation by the white population'” (Hermann Giliomee, Die Afrikaners: ‘n Biografie, Kaapstad: Tafelberg, 2004, p xiii). Dit is ‘n tipies marxistiese stelling. Die wins wat die eienaar van ‘n plaas of fabriek maak, is volgens die kommuniste die bedrag wat te min aan die werkers betaal is. Die plaas- of fabriekseienaar is daarvolgens monetêr eintlik niks werd nie.

Mbeki en sy geesgenote verkeer in die waan dat swartes voor die koms van die blankes ‘n idilliese, vreedsame lewe gelei het. Dit word soos volg valslik in Nelson Mandela se outobiografie gestel: “The African people lived in relative peace until the coming of the abelunga, the white people” (Long walk to freedom, London: Abacus, 1995, p 27). Volgens Jacob Zuma het Suid-Afrika se probleme met die aankoms van die eerste blankes begin. Wat mense soos Mandela, Mbeki en Zuma nie verreken nie, is hoe agterlik Suid-Afrika sonder die positiewe bydraes van blankes sou gewees het. Voordat die huidige dwaasheid in 1990 begin het, was Suid-Afrika die ontwikkeldste en voorspoedigste land in Afrika. Pleks van erkentlikheid vir blanke prestasie is daar in swart geledere meesal slegs verguising van blankes.

Die ANC is vasbeslote om rykdom vorentoe in selfs groter mate as voorheen te verdeel, dus van die blankes te steel en dit aan die swartes te gee; dikwels minus ruim kommissie (korrupsiegeld) aan swart tussengangers, soos politici en amptenare. Nie-wit werkers moet glo die helfte van alle plase besit. Blanke sake-ondernemings moet wat eienaarskap (bv aandele-besit) en personeel (op alle vlakke) betref, demografies grondig gerysmier word. Nie op grond van meriete nie maar suiwer rasgebaseer moet hierdie revolusionêre transformasie deurgevoer word. Daar is geen wigte of teenwigte om hierdie ontplooiende ramp te voorkom nie. Die veelgeroemde Grondwet bied geen doeltreffende verskansing van blankes se belange nie. Die Grondwet is die produk van die ANC-meerderheid in die parlement en kan in elk geval na willekeur deur die ANC- of ‘n ander swart regering met die steun van die verswelgende meerderheid swart kiesers verander word.

Wat behels transformasie in die Suid-Afrikaanse konteks? Die ANC-aktivis en -vertroueling, Jaap Durand (Praag 14 Januarie), skryf met gesag as hy sê: “Al het die woord ‘transformasie’ ‘n modewoord geword, sal ons hierdie oproep in ons land nouliks verstaan as ons die emosionele geladenheid van die woord nie begryp nie. Binne die Suid-Afrikaanse konteks is diep en kragtige emosies in hierdie woord versteek. Dit het sy beslag gekry in ‘n tyd van protes en verset teen die politieke bestel van apartheid, toe daar gesoek is na die sterkste woord moontlik om uitdrukking te gee aan die soeke na verandering. ‘Verandering’, ‘hervorming’, en dergelike sinonieme is almal geweeg en te lig bevind, ongeag dat hulle dieselfde beteken; dat hulle werklik sinonieme is. Daar is gesoek na ‘n woord wat dit sou duidelik maak dat niemand [!] tevrede gaan wees met oppervlakkige veranderings en skynhervormings nie. Dít het die protesteerders en die versetstryders in die woord ‘transformasie’ gevind. Hulle het hierdie woord gelaai met al die erns en emosie waaroor hulle beskik het … Die indruk word geskep dat die eis van transformasie geen faset van die Suid-Afrikaanse samelewing onaangeraak wil laat bly nie” (Ontluisterde wêreld, Wellington: Lux Verbi, 2002, p 10).

Dáár het ons dit eerstehands uit die binnekring van die ANC. “Transformasie” beteken radikale “verandering” en nie (noodwendig) verbetering nie. Transformasie is wesenlik ‘n voortdurende irrasionele proses gelaai met die emosie van swart mag en sekerlik ook marxisme. Jacob Zuma het onlangse gesê transformasie gaan voortaan radikaal en revolusionêr toegepas word. Die uitgesproke ideaal is dat alles in die samelewing moet verander ten einde swartes te bevoordeel en blankes te benadeel. Alles kan maar opgedonder word. Byvoorbeeld, Wim de Villiers se ideaal aan die Universiteit Stellenbosch (US) is dat transformasie in iedere vesel van daardie inrigting moet indring. Daarom geniet swartes voorkeur by studentetoelating, studiebeurstoekenning, koshuisplasing, die aanstelling en bevordering van personeel, ens. Die kampus is van die name van blankes (bv DF Malan, HF Verwoerd en BJ Vorster) gesuiwer. In die plek daarvan het die name van ANC-kamerade, soos Beyers Naudé, Desmond Tutu en Russel Botman, gekom. Dit is gedoen sodat swartes eerder as wittes tuis op die kampus moet voel.

Les bes is ware Afrikaners doelbewus ontheem deur Afrikaans as US-onderrigtaal af te skaal, maar sonder om die elementêre integriteit te hê om openlik te erken dat Afrikaans ‘n mindere plek as Engels beklee. De Villiers sou by die onlangse vergadering van die US-Konvokasie nie bevredigend kon antwoord op die vraag of Jan Marais se US-stigtingsvoorwaarde steeds eerbiedig word nie. Om aan sy dilemma se ontsnap, het De Villiers geweier om enige vrae te beantwoord. Dit is per slot van sake ‘n erkenning dat wat die US onder De Villiers se leiding aanvang, nie geregverdig kan word nie. Dit is De Villiers se plig as rektor om die US se beleid te verduidelik en te probeer regverdig, maar hy kon en wou dit nie by die Konvokasie-byeenkoms doen deur vrae uit die gehoor te beantwoord nie. Dit kom myns insiens neer op doodgewone pligsversuim. De Villiers kom egter daarmee weg omdat die US-raad en by name die voorsitter, George Steyn, hom nie verplig om sy werk na behore te doen nie.

Volgens die uitgelese Anton van Niekerk mag die US nie ‘n enklave vir blanke Afrikaanssprekendes wees nie. Die US móét soos die res van die nuwe Suid-Afrika wees, dus onrusgeneig, eiendomsvernietigend, misdadig, ens. Wat die US is, word deesdae primêr polities bepaal. Wat die US akademies geword het, is vir die transformeerders van sekondêre belang. Die uitgesproke ideaal is van ‘n politieke aard: Dat die US in 2018, sy eeufeesjaar, of dan teen 2020, nie meer oorwegend ‘n blanke en Afrikaanse universiteit mag wees nie. Die US is tans meer as ooit in sy geskiedenis ‘n toonbeeld van rassisme – omgekeerde rassisme – en daarom ‘n gesalfde kleinood van die ANC-regering.

Dit is bekend dat FW de Klerk se ouer broer, Willem – van verlig/verkramp- en Boetman-faam, intellektueel meer begaaf as Frikkie was, hoewel kwalik minder verlig. Volgens Willem de Klerk is verwestering “nie meer die bestemming van die swart mense nie; ‘n oorwegend Afrikakultuur is die bestemming van die wit mense! By die nasionale kongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kultuurgeskiedenis op Wellington, in Julie 1994, sê hy (sy beklemtoning): ‘Vroeër het ons die Afrikakultuur probeer verwesters. Ons uitgangspunt was Eurosentrisme. Nou is ons in die proses waar Afrosentrisme voorop gaan staan. My stelling is dus dat die skep van ‘n nuwe kultuur vir Suid-Afrika, afrikanisering van ons kultuur beteken. Vroeër was die Westerse kultuur die model, met so ‘n paar teksture van Afrika bygevoeg. Nou moet dit ‘n Afrikakultuur word met Westerse tradisies daarin saamgevoeg … ‘n Europees-getinte Afrosentriese kultuur'” (Attie van Niekerk, Anderkant die reënboog, Kaapstad: Tafelberg, 1996, p 3-4).

Let daarop dat Willem de Klerk dit gesê het in die “heilsjaar” 1994, dus kort nadat die eerste “demokratiese” verkiesing op 27 en 28 April plaasgevind het. Verpligte afrikanisering is ‘n opsie wat ware Afrikaners nie eens oorweeg nie. Druk ten behoewe van afrikanisering word egter toenemend uitgeoefen. Wat van Afrikanerkant noodsaaklik is, is kompromislose weerstand. Deesdae is daar armsalige insigloses wat terugverlang na die Mandela-era. Wat nie besef word nie, is dat Mandela as staatshoof hom veral besig gehou het met die paaiery van blankes. Mbeki en ander ANC-kamerade het toe die land regeer. Veral vir die Afrikaners het Mandela, histories heeltemal tereg, ‘n heilige ontsag en vrees gehad. Die vraag is of daardie gesonde vrees vir Afrikaners deesdae nog onder die swart massa en hulle leiers lewend is. Apatiese Afrikaners – en daar is baie van hulle – boesem geen vrees by swartes in nie. Natuurlik ook nie verloopte Afrikaners nie, want hulle is medepligtig aan die huidige politieke opset.

Die prokureur, FW de Klerk, het twee ander prokureurs, Roelf Meyer en Leon Wessels, en ‘n Springbokskrumskakel, Dawie de Villiers, in die veld gestoot om as NP-politici met hulle sagte handjies met die terroristies-kommunistiese ANC te onderhandel. Dit is gedoen pleks van blankes te betrek wat bedrewe in onderhandelinge met swart vakbonde in bv die mynbedryf was. Wat die NP-onderhandelaars basies gedoen het, was om – soos deesdae so graag goedkeurend gesê word – met die magte van die bose “hande te vat.” Daar was in werklikheid niks in die situasie wat so ‘n strategie geregverdig het nie. Die NP-regering was toe in beheer van die land en het ‘n sterk weermag en polisiediens gehad wat die magte van die bose lank in toom kon hou. Hoedanig was die insig van die hoofonderhandelaar? Nadat die NP in bykans elke opsig boedel aan die ANC oorgegee het en daar van magsdeling tot algehele magsoorgawe gevorder is, was Roelf Meyer waaragtig steeds in staat om ‘n kompliment vir homself en die ander patetiese NP-onderhandelaars op te diep: “Ons het uitstekend gedoen, omdat ons nie enige bedingingsmag gehad het nie” (Giliomee, p 598). Dit sou akkurater wees om te bieg dat verloopte Afrikaners, wat terselfdertyd ANC-simpatiseerders was en is, die onderhandelings gevoer het. Hulle is sekerlik nie ware Afrikaners nie. Die buitensporige skade wat die Afrikanersaak aangedoen is, kan nooit herstel word nie.

Kan hierdie onverkwiklike situasie enigsins ten gunste van ware Afrikaners verbeter word? Van bereddering, van die terugdraai van die horlosie, is daar geen sprake meer nie. Die aanduidings is veeleerder dat Afrikaners se posisie stelselmatig gaan verswak totdat hulle – dood of lewend – heeltemal in die Afrikagrond ingeboor word. Wat nodig is, is eerstens Afrikaner-eenheid. Alle ware Afrikaners moet doelgerig saamstaan. Tweedens moet verloopte Afrikaners ondubbelsinnig verwerp en apatiese Afrikaners geaktiveer word. Derdens sal hierdie proses daadwerklik aangehelp word as ‘n visioenêre Afrikanerleier uit eie geledere te voorskyn tree. Vierdens moet ‘n realistiese doel nagestreef word, bv aanvanklik groter inspraak in eie sake en mettertyd ‘n eie tuisland in ‘n deel van wat eens ons vaderland was. Vyfdens is hiervoor uiteraard ‘n oorwoë strategie noodsaaklik. Met hierdie voorgestelde herontplooiing van die Afrikaner word gepoog om ‘n basiese historiese fout van die Nasionale Party reg te stel: “In plaas daarvan om ‘n wit … tuisland te soek, het die Afrikaners [eintlik die NP] tuislande vir swartes gesoek” (Giliomee, p 512).

Die apartheidsbeleid “het op die Bybelse opdrag berus om aan ander te doen soos wat jy aan jouself gedoen wil hê. As ons vir onsself ‘n vaderland gun, moet ons die swartes dit ook gun, en hulle help om dié vaderlande te ontwikkel en leefbaar te maak” (Nico Smith, Die Afrikaner-Broederbond, Pretoria: Lapa, 2009, p 155). Die situasie is intussen omgekeer. Waarom geld die teenoorgestelde nie, dus dat die swartes nou aan die blankes ‘n vaderland moet gun? Ware Afrikaners is nie hulpbehoewend nie. Uit eie krag kan ons ‘n wonderbaarlike tuisland vir onsself skep. Die voorsiening van “gelyke geleenthede” is ‘n polities byderwetse en daarby ‘n algemeen aanvaarde frase. Waarom geld sodanige gelyke geleentheid nie vir ‘n Afrikanertuisland of -vaderland nie?

‘n Klein groepie verloopte Afrikaners het in 1990/94 mandaatloos oorgegee. Dit behoort ware Afrikaners nie tot inskiklike oorgawe, tot moedopgee, te verplig nie. As ‘n volk só eerloos ondergaan, het hy dit nooit in hom gehad om te oorleef nie. Demografiese verswelging is ‘n kernprobleem. ‘n Eie tuisland vir ware Afrikaners is ‘n moontlike oplossing. Apatie, daarenteen, gaan die ondergang van die Afrikaner verseël. In blanke geledere is daar feitlik geen gesonde weerstand teen die swart gety nie. Blankes en veral Afrikaners moet in hulle diepste wese oortuig daarvan wees dat hulle kultuur, hulle lewenswyse, indien nie in absolute terme nie, dan ten minste vir hulle beter as afrikanisering is. Voorts sal hulle die moed van hulle oortuiging moet hê om hulle kultuur nie net in stand te hou nie maar dit verder uit te bou.

Afrikanerdiaspora is binne enkele geslagte in Argentinië, Angola en Kenia uitgewis. Dieselfde proses is besig om hom in Zimbabwe, Namibië en Suid-Afrika te voltrek. Tensy doelteffende teenmaatreëls betyds getref word, is kulturele, etniese en rasuitwissing alle Afrikaners en alle blankes se voorland in Afrika. Ek beoog om in komende rubrieke hierdie stelling te staaf met verwysing na wat elders met minderheidsgroepe gebeur het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Owen

    https://uploads.disquscdn.com/images/63f20b84b7448e5898c37d9f498f47a8a973dd38edcaf28c948e28987c40f352.jpg

    White & jewish business in rsa & abroad are not worried about afrikaner interests like during apartheid, nowadays its all about the black majority for cheap labour & sales.

    This is why the white business sector introduced affirmative action & BEE for the black majority in a vain hope of co-opting blacks into less radical policies, it never worked & today they also face extinction.

  • Edkrause

    Op die einde vd dag is al wat help om die konsentrasie (baie mense in een area) politiek waarvan Orania ook ‘n voorbeeld is, te volg. Realisties gesproke sien ek werklikwaar nie ‘n ander opsie nie.

    • Owen

      Orania is not large enough for all sa whites plus the DA traitors in the western cape are hell bent on window dressing in the cape & elsewhere.

    • Ben

      In ‘n demokratiese bestel en een-man-een-stem stelsel is dit waarskynlik dat die Afrikaner se kultuur nie gerespekteer sal word nie. Jongmense word dalk groot sonder die besef wat dit geverg het om ‘n kultuur te skep en die kanse is groot dat slim barbare eerder grootgemaak sal raak as opgevoede barbare.

  • Kalium_Chloraat

    Die probleem met apatiese Afrikaners word veroorsaak deur ‘n dekadensie veroorsaak deur oënskynlike welvaart. Groter druk sal apatie mettertyd wegbrand. Soos die strandhuis en die 4×4 weggevat word en dit oor oorlewing begin gaan vir die meeste gaan, dan dink ek sal ons weer op mekaar begin steun en optree.

    • sussie se vissie

      Groot waarheid.
      Huidige Afrikaner-letargie en ongeergdheid grootliks hieraan toe te skryf.
      Die pre ’92 wittebrood vir maklik 60% van die sulks – het die aanslag op die Afrikaner waardesisteem ‘op hold geplaas’.
      Amper soos n kankerpasient in remissie. Skemerend mag dinge sluierend in die agterkop maal, maar ‘for the time being’ word die onafwendbare uit alle gedagtegang gewring. Because for the time being….is als ‘hunky dory’. Mammie het petrol in haar ‘four-x-four’…..en die kind se naam is Wit Willem.
      Vergeet ook nie van n gros dweepsiekes wat in hul oortuiging staan dat die dag van afrekening dit hul gespaar sal bly nie.
      Die gelofte van Bloedrivier ( en die Vader sal sorg dogma ) kwalifiseer diesulks vir n outomatiese en veilige opraping tot in Israel.
      Anders as wat mnr Lemmer beoog om nog voorbeelde van verdwene minderheidsgroepe te wil aanhaal ( herder…die skrif is immers aan die muur !? ) – sien ek jammerlik so, toekomstige gewapende/klandestine optrede as ENIGSTE alternatief. Lsg vind ek my in huiwering hier neerpen.
      Tensy daar diegene is ( nes die groep hier bo vernoem ) – wat in hul naiewe onskuld en beskouing glo, bilaterale gesprekvoering met die trogvreters sal vrugte afwerp, en hul versugting om n lappie grond ons eie te kan noem op hierdie wyse sal/kan geskied.
      Pasifisme en ontkenning….ons huidige ondergang.

    • skobbejak

      Materialisme is slegs die punt van die Afrikaner ysberg wat onder die donkere waters van Afrika rond dobber.
      Ons moet ook praat van n nasie wat sy wil om uitstekend te wees iewers verloor het, Sy visie ingeperk het vir sy eie volk se toekoms , Sy innerlike maatskaplikheid verruil het vir elitist snobisme en himself gedistansieer het van sy eie volk se tekortkomingeen kultuur. n Duur les wat die ou Afrikaner volkie moes leer – Vergete is die erwe van ons vadere, die wae-spore oor die Drakensberge, die oorloe en strafkampe waar die volk se voorgangers in moes ly . swaarkry en sterf. Vandag getuig die klein wit kruise teen die koppie van die modern volk se beproewinge en die klipkappe op die kis – en dit alles net om net een rede – Waar is ons leiers ? Wat het met my Volk gebeur – Here wys ons tog die pad asseblief.

      • Ou Transvaal

        Die Vader wys ons die pad wat ons moet gaan ..die probleem is juis die leiers wat ons ten alle koste weg wil kry van hierdie WEG .Dit was ook hierdie leiers wat die Boervolk as agterlik en verkrampt laat sleg maak ..gevolg, ons versuip in ‘n see van internationalisme , wereldburgers wat nie in Afrika tuis kan wees nie..

    • Ou Transvaal

      KOLSKOOT!!

  • Suidpunt

    Dankie Leon Lemmer! Ek het geweet jy sou “Ontluisterde wêreld” lees!

    “Nie-wit werkers moet glo die helfte van alle plase besit.” As ek by ‘n supermark werk, beteken dit nie ek moet OUTOMATIES die helfte van die supermark besit nie. As ek vir die staat werk, kan ek immers nie die helfte van die staat besit nie (met al sy skuld wil ek ook nie daarin deel nie, dankie). Jy is bloot ‘n werknemer en kan jou goed vat en waai na groener weivelde.

    “Verpligte afrikanisering is ‘n opsie wat ware Afrikaners nie eens oorweeg nie.” As ek so kyk na die Duitse boeke, Franse woordeboeke en leergidse, asook die Hollandse boeke en Latynse boeke en Nieuhebreeuse boeke wat deur die universiteite uitgesmyt word en nou netjies in my boekrak nestel, dan pleit ek skuldig, u edele.

    As ek met Afrika of Suid-Amerika te doen kry, vergelyk ek hulle altyd met Suidoos-Asië. Hulle kon ook so uitgedraai het. Waarom het hulle nie?
    Net nog iets: waarom beskou Japan en Korea nie die Westerse wêreld as “kolonialiste” nie? Omdat hulle soveel by die tegnologie gebaat het waaraan Japan eers in die 1860’s (met die Meiji-era) en Korea in die 1950’s blootgestel is. Hope geld en kruppelgang-moeite is bestee met die ontwikkeling van tegnologie oor eeue heen in Europa, Suid-Afrika en Amerika – en die Asiate kon eenvoudig hierop net verbeter. Hope geld kon sodoende beter aangewend word in Asië. Wie is dan vandag beter daaraan toe deur die aanraking met die Weste?

    • Gas

      In Suid-Oos Asie is daar ‘n goeie werkkultuur. In Suid-Afrika lyk my gaan dit om “business” en wanneer jy nie die dollar se taal praat nie kan jy nie kompeteer nie. Te veel moeite om jou eie te ontwikkel so skakel oor na Engels op universiteite. Dan volg jy die illusie na dat om ander klakkeloos na te aap welvaart geskep gaan word, oftewel dat jy maar geredelik kan leen by ryker lande. Diepliggende minderwaardigheidsgevoelens en gemaksug in Afrika…

  • Suidpunt

    ‘Vroeër het ons die Afrikakultuur probeer verwesters. Ons uitgangspunt
    was Eurosentrisme. Nou is ons in die proses waar Afrosentrisme voorop
    gaan staan. My stelling is dus dat die skep van ‘n nuwe kultuur vir
    Suid-Afrika, afrikanisering van ons kultuur beteken. Vroeër was die
    Westerse kultuur die model, met so ‘n paar teksture van Afrika bygevoeg.
    Nou moet dit ‘n Afrikakultuur word met Westerse tradisies daarin
    saamgevoeg … ‘n Europees-getinte Afrosentriese kultuur’”

    Liewe hemel, maar dis darem dronk van die anachronismes. Nou hoe verklaar mens die Afrosaksiese kultuur waaroor Dan Roodt skrywe? As die Afrikaan dan verkies om Engels te praat en Westerse geriewe te geniet en in sy Benz rond te ry, kan ek glad nie die logika van hierdie bogenoemde stelling insien nie. Die migrasie is juis na alles wat Westers is. Nog iets: kom ons gestel die Engelse en Duitsers wat hier bly het nog nooit hierdie boodskap gehoor nie (want ek het beslis nie!) – dan sê dit vir my een ding: daar word net van een bevolkingsgroep verwag om iets te doen, deur mense wat… IN WESTERSE HUISE EN WEELDE BLY! Ek sien Willem de Klerk nog nie in ‘n byekorfhut bly nie.

    • Ek is ook nie seker wat die poephol daarmee probeer se het nie, Apartheid was juis daarop gimik om die Afrikane se kultuur te beskerm. Dit was ‘n stelsel waar hulle hulle eie kultuurgedewe wetgewing kon maak waarmee hulle gelukig kon wees. Die uitspraak deur de Klerk wys dan duidelik daarop dat hy nie verstaan het waaroor Apartheid gegaan het nie

  • Ben

    Met verwysing na die Pierneef skildery bo-aan die artikel: hoeveel lesers kan die kwaliteit daarvan binne ‘n internasionale perspektief korrek bepaal? Hoe vergelyk sy styl met bv. Cezanne s’n, wat maak dit anders, is dit beter of slegter as die beste Europese skilders ens.? Mense weet dikwels nie hoekom hulle trots moet wees op ‘n eie kultuur nie. Is Afrikaans slegs ‘n vereenvoudiging van Europese stamtale, geskik vir maklike kommunikasie tussen bra primitiewe mense, of is dit ‘n dinamiese, vaartbelynde Nuwe Wereld-verskynsel, in sekere opsigte beter as Amerikaanse Engels of Kanadese Frans? …

    • sussie se vissie

      Soek ons eie Goya.
      Strykysters, pangas en bloed wat vloei.
      Ons landskap huidiglik allermins een wat Pierneef voorhou.
      Soos wat ‘wat is n huis sonder n moeder’ in al wat plebs is se voorhuis pronk – vergestalt sy werk n pronkerigheid wat in Broederbonders se woonhuise hulself tuisvind.

      • Rentia

        Dis nie hulle wat Pierneef sy waarde gee nie. Hy was ‘n goeie skilder punt.

        • sussie se vissie

          Niemand kan n kunswerk ‘na waarde ‘ skat nie. ( hetsy visueel of materieel )
          Dit bly n subjektiewe toets.
          Die rigting en ‘hype’ word deur vermofde en sogenaamde ‘fundis’ in die kunswêreld neergelê.
          Besluit hul oormôre Frikkie van Putsonderwater se werk is die ‘in ding’ om te hê – is onse Frik op almal se lippe en Frik n welaf man.
          Oor die artistiese vermoëns van Pierneef sê ek niks.
          Persoonlik spreek hy nie tot my nie. Vir die ooms van die Broederbond…duidelik meer so.

    • Suidpunt

      Wat is Afrikaans?

      1. Die elite-voorganger vir die dialekte en volgende tale wat uit hom spruit, komende van ‘n bitterbek soos ek wat die taal om verskeie redes nie meer studeer nie.

      2. Die draer van inligting (waarom leer Europeërs nog Latyn, die Indiërs Sanskrit en waarom lees baie Duitsers nog Middelhoogduits?) waarvan die toekomstige geslagte moet weet. Latyn was hondgoor-agterlik vergeleke met die Grieks, en tog kon hy vooruitboer deur by vele tale te gaan leen. Die Grieke was lief vir die abstrakte, die Romeine weer vir alles wat prakties is (hulle was hoofsaaklik boere wat skielik met ‘n groot wêreld gekonfronteer is en nuwe woorde vir hul taal moes kry, en vinnig ook). En mense sal eendag in 2157 wonder wat in my dagboek geskrywe staan, want van die inligting is belangrik (nou nutteloos ja). En die huidige eenvoudige kinderboeke gaan onverstaanbaar wees. As jy niks skryf nie, kom van niks, niks. Net jammer daar sal niemand wees om kantlynnotas te verskaf nie… want die sprekers van die spesifieke tyd is almal dood!

      3. ‘n Taal wat net so vinnig soos Deens, Nederlands en Frans verander. (Standaardduits beweeg eintlik verbasend stadig…) Deens verander vinnig van uitspraak, Nederlands verander van uitdrukkinge, neologismes en dialektiese invloede elke dekade, Frans verander van spelling, uitdrukkinge, en sy Standaarduitspraak het meer letterlik begin word – glo dit of nie! Kanadese Frans is eintlik die gestolde Paryse dialek van die 1600’s – die helfte van die woorde word ingesluk. Die Duitsers wat Frans op skool leer kan dit glad nie verstaan nie. Helaas is Afrikaans onderworpe aan Engelse invloede; sy styl sal meer Engels word, tensy die sprekers aan ander tale blootgestel word. As jy nie Nederlands ken nie, gaan die meeste tieners sukkel om die Afrikaans van die 1920’s tot 1930’s te verstaan. Ons paragrawe en sinne is reeds korter.

      4. Afrikaans word deur vele Nederlanders as versteende Nederlands beskou. Een voorbeeld is “pers” – ons uitspraak volg dié van die ou Amsterdamse dialek, pêrs, wat later “paars” geword het. Dink maar aan Yslands wat deur die eeue heen ook weinig verander het. “Gaan sit en eet” is nog ‘n vorm. Hoekom? Want die “Gaan X-en-X” is verouderd. So ook geensins, aangesien, aanvanklik, afgesien van, gegrond op – jy sal geskok wees hoeveel woorde is verouderd in Nederlands. En die alternatiewe is kinderlik eenvoudig! Selfs ‘n ‘los’ vir ‘n lynx is nog springlewendige Afrikaans, dit is nou die “Europese Rooikat”. ‘Los’ is nog Middelnederlands. Kyk by Onzetaal: ons alledaagse woorde het oud en formeel geword.

      https://onzetaal.nl/taaladvies/ouderwets-taalgebruik

      5. Afrikaans volg dikwels onafhanklik van ander Kontinentaalgermaanse tale soortgelyke patrone. Soos die verkorting “Isso”, uit “(es) ist so” en “dit is so”. Al is ons voorbeeld veel ouer as die Duitsers s’n (wat eers onlangs as jeugverskynsel raakgesien is), wys dit jou net weer: seker taalpatrone is net gemaak om dieselfde roete te volg. ‘n Taalkundige sal daaroor handeklap.

  • Huntingdog

    Hi
    Leon,

    Baie
    interessante artikel wat jy geskryf het met baie waarhede in. Sal graag jou opvolg ook wil lees.

    Ek
    stem nie noodwendig met als saam nie, bloot baie klein verskille.

    Jy
    se bv dat in 1990/94 het n klein groepie Afrikaners mandaatloos oorgegee.

    Ek
    glo weer dat ons as volk oorgegee het. Mens kan natuurlik die sonedebokke
    probeer uitlig, soos die NP verraaiers, die Suid Afrikaners wat jy geregtelik
    uitwys as verloopte Afrikaners, die Ja- stemmers, die groot rugby en krieket
    afgods aanbidders ens.

    Dit
    is natuurlik water onder die brug, en daar is geen nut meer om daaroor te
    redekawel nie.

    Ek
    glo dat ons as volk nie bereid moes gewees het om te stem nie. Die NP het
    presies geweet dat toe ons onsself
    bereid gemaak het om te stem, ons nie bereid sou wees om oorlog te maak en te
    baklei vir dit wat vir SOMMIGES van ons na aan die hart was nie.

    In
    teendeel, die Generaals moes opgetsaan het toe FW die ANC “wettig” verklaar
    het, en n staatsgreep uitgevoer het, nog lank voor die referendum plaasgevind
    het.

    Dis
    ook water onder die brug. Die kruks van die saak is, soos wat die punt van jou
    artikel is, is dat die Afrikaner se enigste behoud onafhanklikheid is.

    Soos
    wat jy noem, demografiese verswelging is n kern probleem. Uit die geskiedenis
    kan jy sien dat dit altyd tot die val van elke groot beskawing gelei het.

    Die
    volgende paragraaf was n aanhaling uit American Renaissance wat oor die slag
    van Bloedrivier gehandel het.

    ……………….’Yet
    the Battle of Blood River, in many
    ways, symbolized all that was wrong with the white settlement of southern
    Africa, and why that experiment failed. The Boers are to be praised for wanting
    to settle unoccupied land peacefully, and for seeking the friendship of
    neighboring peoples, but neither they nor their
    descendents understood that demography is the arbiter of nations. Those who
    form the majority population of a territory will rule that territory, no matter
    how powerful a ruling elite may be. They will determine its culture and society.
    A majority-European population will create a society that reflects European
    values and norms. A majority-African population will
    create a society that reflects African norms.

    The Boers never understood
    this. Even at the Battle of Blood River
    they had at least 60 black servants and an indeterminate number of mixed-race
    servants, who helped load weapons. Parker, one of the Scotsman, had more than
    100 black servants.

    To the present day, the
    overwhelming majority of Afrikaners have black servants who work on farms, in
    factories, and in homes. Afrikaners failed to understand that by giving the
    native population the benefits of European civilization, blacks would grow in
    numbers and overwhelm their society. The Cape Colony and the original Boer
    republics, which were largely uninhabited by natives when they were settled by
    Europeans, are today home to tens of millions of Africans.

    The Church of the Vow, built
    by the Boers in 1840, still stands in the town of Pietermaritzburg, named after
    Piet Retief. But Pietermaritzburg, supposedly the symbol of the Boer victory
    over the Zulus, is today part of a municipality called Umgungundhlovo, named
    after Dingaan’s capital. It is also the capital of the South African province
    of Kwa-Zulu Natal, and its population is more than 95 percent black.

    The Church of the Vow stands
    alone, graffiti-scarred and abandoned, in a dirty downtown slum. Its decay
    illustrates the fatal error made by the victors of the Battle of Blood River, that of ignoring the
    demographics of race. If whites had taken possession of those unoccupied lands
    and kept them for themselves alone the history of South Africa would have been
    entirely different.

    If the Boers had inhabited
    and worked their own land rather than rely on black labor, the states they
    created might still be strong and independent today. Their decision to use
    non-white labor was a critical error that undid all of the sacrifices of the
    early pioneers.

    The only way to maintain a
    civilization is for the majority to occupy its own land with its own people,
    and to do its own manual labor.

    This law governs the rise
    and fall of civilizations and the victors of Blood River ignored it, to their
    cost”

    As
    mens na die stukkie waarheid kyk, sal jy sien dat daar geen ander uitweg is as
    onhafhanklikheid nie. n Ware “volkstaat” met n eie polisie mag, weermag,
    ekonomie ens ens.

    As
    Lesotho en Swaziland so kan funksioneer dan is dit nie onmoontlik vir die
    Afrikaner om dieselfde te doen en te floreer nie.

    Indien
    dit nie sal gebeur nie, sal die Afrikaner verswelg word deur die massas soos
    wat met vele beskawings lank voor ons gebeur het.

  • Nevyn

    Die einde van die Afrikaner sal slegs gebeur as die Afrikaner dit toelaat.

    • JDTAKL

      Dit sal uitsterf wanneer daar nie meer daarin gestudeer word nie.

      • Nevyn

        Baie mense, soos ek, gaan nou terug na die taal en die kultuur, ons will dit nie laat sterf nie.

        • JDTAKL

          Ek bewonder dit. Hou so vol!

  • Anton Schutte

    Die een ding wat NOOIT sal uitsterf nie, is Afrikaanse kultuur; huiding een van die grootste uitvoer die land uit. Orals waar n mens gaan, sien en hoor jy Afrikaans, eet Afrikaanse kos, ontmoet Afrikaners wat gevlug het. Ek hoop dat Afrikaans wel die cANCer (en swart beheer in algemeen) oorleef, maar dood sal dit nooit nie. Van Georgia in Oos Europa, tot Neu Seeland ver aan die onderkand van die ou bloe ghoen…ons boerewors, biltong, koeksusters and melktert is oorals.

    • JDTAKL

      Die taal leef net vir een generasie voort in die nuwe immigrasie land en die tweede generasie verengels dan. Om te dink dit sal NOOIT uitsterf nie is erg verkeerd. Hier in NS sien ek elke dag hoe dit uitsterf met jong ‘Afrikanerstjies’ wat g’n woord Afrikaans kan praat nie, met selfs die ouers wat Engels met hulle praat. Taal is die draer van ons kultuur, nie koeksisters en boerewors nie.

      • sussie se vissie

        ….en nog minder die kop van n wit boer in een of ander museum vertoonkas.
        Die verspotte religiëe waarna Johan verwys het geen spoor van Afrikanerskap in Argentinië of Chili nagelaat nie.

    • Kalium_Chloraat

      Die wat gevlug het sal al in hul volgende geslag die kultuur van die land waarin hulle is aanneem, net soos die Boere wat in Argentinië gebly het en die Dorslandtrekkers wat Angola toe gevlug het en toe meer Portugees geword het. Die tradisies soos boerewors, ens sal net so ‘n bietjie langer hou, veral in ‘n moderne stad en wie van hulle sal dan nog melktert en biltong wil maak? Tradisies is ‘n uitvloeisel van die kultuur van mense.

      • Anton Schutte

        ek het n spesmaas dat die Kiwis in Auckland hulle beste onderrokke sal vuil skyt as jy biltong en boerewors wegvat…dis nou deel van die plaaslike kultuur

        • JDTAKL

          Dit maak nie van Kiwi’s Afrikaners nie. Ons almal eet pizza, beteken dit nou ons is Itailaners? Die Italiaanse taal is die spulpunt van die Italiaanse kultuur. Daar is net een kultuurgroep waarvan ek weet wat nie deur huistaal nie, maar wel deur geloof gedra word en dit is die Jode, en selfs daar speel Hebreeus ‘n rol. Ek weet van geen enkele kultuur wie se kultuur deur ‘n spyskaart oorgedra word nie.

          • G

            Kan nie met jou stry nie. Dis hoe dit is.

    • sussie se vissie

      Gwids.
      Klein vertroosting Anton.
      Jou erfpors afstaan en onthou te wil word vir jou bord tradisionele lensiesop ?

      • Anton Schutte

        jammer, kannie uitwerk of jy my probeer tart of probeer n boodskap oordra nie. Probeer miskien om wat jy bedoel net sommer pront uit te se.

        • sussie se vissie

          Hoekom sou ek tart?
          My laaste bekommernis tans is of ek boerbeskuit/biltong of droëwors op n spyskaart in Groenland gaan vind.

    • Maurice

      Afrikaans is op n roete van uitsterwing, geen kwessie. Hierdie naweek sopas met vriende van my gekuier wat in Australie woon. Hul huistaal is Afrikaans en hul praat slegs Afrikaans met hul twee kinders. Die oudste enetjie wat nou in graad 2 is sukkel om Engels eenkant te hou – dit slaan kort kort deur, nie met n woord of twee nie, maar met vol sinne. Dis normaal as jy dink sy ganse skooldag bestaan uit Engels. Een generasie en die taal en kuktuur is dood. Hoeveel van ons Franse Hugenote praat Frans of het n sterk identiteit met Frankryk? Nee, ons sien onsself as Afrikaaners. Dieselfde lot wag vir Afrikaans en die Afrikaanse kultuur. Dit te danke aan daai vaal broederbond Afrikaaner omies en Frikkie. Maar ons plaas mos ons heil in n Aartappel boer en solank die manne kan rugby speel is die saak mos reg. Wel, good luck!

      • Anton Schutte

        stem saam, die taal is op pad uit, maar hopelik sal on kultuur nog hier en daar vashaak.

        • Maurice

          Kyk, ek hoop eks heeltemal verkeerd. Vir my is dit n tragedie. Tensy iets drasties omkeer, maar ek sien dit nie.

        • JDTAKL

          Sonder die taal is die kultuur niks nie.

  • Kwagga

    Die Afrikaner het n geweldige trotse geskiedenis. Na 1994 het ons dit iewers langs die pad verloor. Bygese, sommige van ons leiers het bitter dom besluite gemaak deur ons geskiedenis. Ek kan nie help as om ons mense te vergelyk met die Amerikaners nie. Hulle ket die Republikeine (konsewatiewes / libertariers) en die Deomkrate (liberales).

    Die verlooopte Afrikaners is in my opinie meer liberaal. Hulle lees tipies die Afrikaanse (en Engelse) koerante en het n satteliet dekodeerder. Rugby is hulle afgod. Hulle wil altyd die “moral high ground” he in argumente. Sodra hulle die argument begin verloor as jy die feite begin noem, dan is jy n rassis of een of ander skelnaam. Ons probleem is dat ons dan stil bly en terug in ons hoekie kruip.

    Aan die ander kant is daar die konserwatiewes. Daar is verskillende groeperinge van konserwatiewe mense. Party soek n volkstaat en ander n kanton of twee. Party beskou hulleself as Boere en nie Afrikaners nie.Party glo jou voorvaders moes iewers in die Groot Trek “ge-feature” het. Party glo weer jy moet n Afrikaanse naam en van he (hier sou ek tipies uit die bus val). So kan ek aan gaan en aan gaan. Dis werklik hartseer om te aanskou. Ek het ook nie die antwoord nie, maar ek het al te veel keer opgewonde geraak net om dan weet teleurgesteld te word. Ons behoort iets soos n Amerikaanse CPAC te hou, waar al die leiers en konsewatiewe groepe bymekaar kom, om oplossings te vind. Dan kan ons saam aan die wa trek, in dieselfde rigting.

  • Verkenner

    Snaaks dat wanneer n mens vd Heilige Name gebruik maak in jou kommentaar dit eers moet goedgekeur word???

    • Ou Transvaal

      Is hulle miskien bang dat ons mense ongemaklike antwoorde op hulle vrae sal moet eis??en dan is godsdiensvryheid die wagwoord..of regeer die kerk maar soos ooral??

    • Thys Du Plessis

      Heilige Naam, daar is net een Naam.

  • Dankie aan Leon Lemmer. Ja, histories het volksgroepe en nasies uitgesterf, of hulle is uitgewis d.m.v. oorlog, klimaatsverandering, afvalligheid en dekadensie, of ge-orkestreerde volksmoord is effektief teen hulle toegepas. Sou mens kyk na wat in Ruanda gebeur het in 1994, is daar soortgelyke tekens in SA teen blanke (Afrikaners en Christene) te bespeur, – veral waar daar ‘n eskalasie teen een volks-, geloofs- of kutuurgroep is en dit deur die regering (aangehits en befonds deur marionette-meesters in die buiteland) en deur die buiteland ontken of ge-ignoreer word. Die oorlewing van die blanke (Boere) Afrikaner is in ons eie hande. Ons self moet die volksbehoud, kultuur, taal, onderrig, geloof, ekonomie, volksadministrasie en volksverdediging bewerkstellig. Sedert 1994 het ons die Volkstaatraad, TAR (Tussentydse Afrikaneraad), die VVK (Volksraad Verkiesing Kommissie), die BAV (Boere-Afrikanervolksraad) die NBR (Nasionale Burgerregteraad) en die ASK (Afrikanerstrategiekomitee). Tog misken en ontken ons hierdie strukture wat ‘n van bo na onder rigting vir Volksbehoud, selfbestuur en selfbeskikking kan en moet fasiliteer. Dit ontken nie die rol van instansies en besoldigde leiers wat tans die Afrikaner se belange binne die huidige bestel, sisteme en stelsels probeer handhaaf nie, – en tog is medium en langtermyn volhoubaarheid in selfbeskikking en selfbestuur gebaseer op vryheid en vaderland vir baie ‘n wettige versugting. Die Afrikaanse kerke bly ongelukkig ‘n verdelende en wedywerende “buiteperd” – wat skynbaar eerder in ‘n Roomse wortel en onvoltooide Hervorming klubsoortig wil rondsit in onskriftuurlike of halwe-evangelie inploffings. Dit bly nou gesien te word of die Volksgees en Volksoorblyfsel wat by die Majubafees 2017 sigbaar was, daadwerklik gestalte kan kry in effektiewe Volksekonomie, Volksadiminstrasie, Volksverdediging en ‘n voorgesette Volksprotestante Hervorming? Intussen word die Taal vertrap, die staat meng ernstig in, in vryheid van spraak en vryheid van godsdiens (be-oefening), misdaad is buite beheer en Boere-Afrikaner Volksmoord gaan ongehinderd voort terwyl Afrikaners wedywer, redeneer, mekaar te nakom en apaties wegskram van rentmeesterskap voor die Lewende God en medemense wat ons gelei het tot hier … Is ons ernstig oor voortbestaan, oor ons kinders en in meelewende respek vir volksgeloftes, behoorlik-verkose volksinstansies, volksuitredding en volksrentmeesterskap in SA?

    • Ou Transvaal

      Perfek gestel!!!

  • Rifrug

    ” … ‘n rooskeuriger toekoms … ” – ‘rooskleuriger’

    “Volgens Jaco Zuma het Suid-Afrika se probleme … ” – ‘Jacob’

  • Owen
  • Owen