Soweto-ma vir kinderverwaarlosing gevang

Deel op

‘n 23-jarige ma van Soweto is gearresteer vir kinderverwaarlosing ná sy haar kinders gelos het om Johannesburg toe te gaan, het polisie Woensdag gesê.

Deel op

Inspekteur Kay Makhubele het gesê die vrou het haar 7-jarige en 2-jarige kinders in haar huis in Zondi toegesluit en weggegaan om ‘n paar dae saam met haar kêrel te gaan deurbring.

{mosbanner:id=10}

Bure het agtergekom iets is fout en het die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum vir raad geskakel.

Hulle het probeer om die kinders te red, maar uiteindelik die polisie geskakel om te kom help. Die kinders is uit die huis verwyder en na ‘n plek van veiligheid geneem.

Die ma is uiteindelik opgespoor en Dinsdag gearresteer en sal haarself nou in die Protea-landdroshof moet verdedig.

для хамамаАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.