Lid van Wilders se beskermingseenheid vas na hy inligting lek

Deel op

Die Nederlandse agent Faris K. wat vir die eenheid gemoeid met die veiligheid van politici en diplomate, insluitend die beskerming van Geert Wilders, gewerk het, is gevang dat hy sensitiewe inligting lek. Die agent is van Marokkaanse afkoms.

‘n Gevestigde bron het aan die Nederlandse AD Nuus vertel dat Faris K inligting aan ‘n Marokkaanse misdaadsindikaat oor die moontlike doen en late van politici, hoë-profiel diplomate en die koninklike familie, kon uitgelek het.

Die veiligheidsdienste sê die agent is nou betrokke by die veiligheid van PVV-leier Geert Wilders, wat onder konstante 24/7 beskerming is ná doodsdreigemente van jihadiste en pogings op sy lewe.

Hoewel Faris K. nie betrokke was by die direkte persoonlike sekuriteit van politici nie, was hy bekend as ‘n “ontdekker”, iemand wat inligting oor plekke versamel waar die teikenpersoon heen reis.

Volgens polisiehoof Erik Akkerboom, weet hulle nog nie wat die omvang van die lekkasies was nie. Dit is bevestig dat Faris K. toegang tot sensitiewe inligting in geklassifiseerde polisielêers gehad het, en daarom kennis van die reisroetes, veilige huise en krisisstrategieë gedra het.

Die eenheid wat getaak is met die persoonlike veiligheid van BBP’s staan ​​bekend as die DBB in Nederlands. Hulle pligte sluit die monitering van Geert Wilders in, het ‘n polisie-bron bevestig.

“As ek nie meer blindelings kan vertrou op die diens (DBB) wat my moet beskerm nie, kan ek nie meer funksioneer nie. Dit is onaanvaarbaar,” het Wilders getwiet. Nasionale polisiewoordvoerder, Dennis Janus het bevestig aan AFP dat ‘n agent in hegtenis geneem is Maandag wat daarvan verdink word dat hy “amptelike geheime geskend het”.

Eerste Minister Rutte neem die bedreiging ernstig sê hy. Hy het ontmoet het met die PVV-leier oor sy veiligheid. Maar hy wou nie kommentaar lewer oor hul bespreking nie. Wilders het ook getwiet dat Rutte die saak as ernstig beskou.

Ander politieke partye eis ‘n verduideliking van die Eerste Minister. “Ons wil ‘n brief van Rutte hê,” sê D66 leier Alexander Pechtold. Hy het die nuus “kommerwekkend” genoem.

Voorsitter Jan Struijs van die Nederlandse polisie-unie sê die lekkasies was te wagte, want “inligting is die nuwe goud”.

NCTV-baas Dick Schoof het gewaarsku onlangs in die Nederlandse media dat, in Nederland, bande tussen misdadigers en jihadiste al hoe nouer raak. Op hierdie manier is spesifieke inligting oor politici soos Wilders baie gesog.

Die agent is intussen van sy pligte onthef. Nederlandse koerante De Telegraaf en NRC Handelsblad en nasionale uitsaaier NOS het die verdagte as ‘n ervare beampte in sy middel-30s geïdentifiseer.

Konserwatiewe politikus Pim Fortuyn is vermoor net nege dae voor die Nederlandse verkiesings in 2002. Die Peilingwijzer opname het getoon dat Wilders voorloop.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.