Landdros Deon van Rooyen het Fanie Hyman (52) van Koppies, in die landdroshof op Koppies Dinsdag gevonnis, het die Sowetan en Volksblad berig.
Hyman het Maria Mnisi en haar man, Phineas Johnson, gedwing om die orskot van hulle tweeweke oue baba op te grawe ná hy ‘n argument gehad het met Johnson.
{mosbanner:id=10}
Johnson het bedank, maar Hyman het Johnson beveel om sy baba se oorskot met hom saam te neem, waarna hy die twee gedwing het om die kis op te grawe.
Hy het hulle daarna Pretoria toe geneem en hulle moes in die reën agter op die bakkie sit met die kis wat in swart plastieksakke toegedraai was.
Hyman, wat aangedui het dat hy gaan appelleer teen die vonnis, is skuldig bevind aan grafskending.