Atteridgeville gespanne voor optog teen immigrante

Deel op

In Atteridgeville, wes van Pretoria is die toestand gespanne in afwagting vir die optog teen “onwettige immigrante” wat skynbaar gemik is teen Nigeriërs.

Paaie in die woongebied is met brandende bande, klippe en ander voorwerpe versper. Die toegangsroetes is gesluit en niemand kan uit of in beweeg nie.

Die polisie het drie mense in hegtenis geneem nadat meer as 20 winkels oor die afgelope week in Atteridgeville, Pretoria geplunder is. Kaptein Bongi Msimango het gesê al die winkels behoort aan buitelanders.

Voorvalle is ook in ander swart woonbuurte in Pretoria-Wes en Mamelodi aangemeld.

Verlede week is ten minste 10 huise wat vermoedelik behoort het aan buitelandse dwelmbase en bordeeleienaars aan die brand gesteek in Rosettenville, suid van Johannesburg.

‘n Woordvoerder van Tshwane se Metropolisie het aan RSG gesê geen voorvalle van geweld is nog aangemeld nie. Die optog word gereël deur `n groep wat hulself Mamelodi Concerned Residents noem.

Die optog-organiseerder sê hulle is moeg vir onwettige immigrante wat handeldryf in dwelmmiddels en prostitusie.

Die optog sal na die kantore van die Departement Binnelandse sake wees en strate in Pretoria se middestad sal gesluit wees.

Intussen is nóg Suid-Afrikaanse sake-ondernemings in Nigerië geteiken weens ontevredenheid met die aanvalle teen buitelanders in Suid-Afrika.

Die Vereniging van Nigeriese Studente in Abuja het onder meer by die kantore van Multichoice betoog.

Betogers het ook die kantore van MTN bestorm waar hulle met klante slaags geraak en selfone gesteel het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.