Trump beëindig transgender gebruik van badkamers

Amerikaanse transgender studente het Woensdag hul federale reg verloor om skoolbadkamers en kleedkamers binne te dring. Die ommekeer is ‘n reuse-terugslag vir transgendergroepe, wat hulle “regte” op ander afdwing.

Konserwatiewes verwelkom die besluit van die Justisie en Onderwysdepartemente om die transgender kwessie te beëindig, en sê die maatreëls wat Obama afgedwing het was onwettig en oortree die regte van die meeste ander studente, veral meisies wat nie veilig gevoel het nie. Hulle moes saam met anatomiese mans die badkamers gebruik, het die Associated Press berig.

Dit sal nou deelstate en skooldistrikte wees wat self besluit oor badkamerbeleid. ‘n Federale regter in Texas, Ken Paxton, het reeds ‘n tydelike uitspraak teen die Obama-verdrukking gegee kort na 13 deelstate sy administrasie gedagvaar het.

“Ons dogters moes nooit gedwing word om private, intieme ruimtes met manlike klasmaats te deel nie, selfs al sukkel die jongmanne met hierdie kwessies,” het Vicki Wilson, ‘n lid van ‘n groep studente en ouers vir privaatheid gesê. “Dit skend hul reg op privaatheid en is nadelig vir hul waardigheid.”

Die Trump-administrasie het ingegryp om federale inmenging te staak. Die afdwing van ‘n nuwe geslagsidentiteit deur die Obama-administrasie kom daarop neer dat biologiese seksuele onderskeiding afgeskaf is ter wille van “keuse” seksualiteit. Die federale “anti-diskriminasie” wet vir toegang tot toilette maak staat op ‘n “keuse” identiteit.

Noord-Carolina het die Obama-malligheid dadelik teengestaan en het toegang tot badkamers in staatsbesit wetlik bekragtig deur slegs onderskeid toe te laat van die seks wat op die geboortesertifikaat van ‘n persoon verskyn. Meer as 10 deelstate oorweeg tans soortgelyke wetgewing, volgens die Nasionale Konferensie van die staat se Wetgewers.

Maar Transgenders is kwaad oor die “aanval op honderde duisende studente wat net wil hul ware self wil wees” het Mara Keisling, uitvoerende direkteur van die Nasionale Sentrum vir Transgender Gelykheid, in ‘n verklaring gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.