Ban besoek ‘n armer Afrika

Deel op

Image

Ban Ki-moen

Die VN-sekretarisgeneraal Ban Ki-Moen het ‘n negedaetoer van Afrika begin deur Dinsdag aan VN-personeel te vertel dat die wêreld se ekonomiese probleme nie hulle pogings om armoede te verlig, oorlog en die gevolge van klimaatsveranderinge in die wiele moet ry nie.

Deel op

“Selfs te midde van die globale finansiële krisis, kan ons deur saam te werk steeds beter daaraan toe wees,” het hy gedurende ‘n dinee met 'n paar dosyn top-VN-personeel in Suid-Afrika gesê.

Ten spyte van meer as ‘n half triljoen dollar se hulp wat aan Afrika bestee is in die 50 jaar sedert die eerste Afrikalande onafhanklikheid verkry het, is baie Afrikane nou armer as ‘n kwarteeu terug.

Totale hulp aan Afrika, van die wêreld se rykste nasies, beloop minder as eenderde van 1% van hulle gekombineerde nasionale inkomste, baie minder as die VN-teiken van 0,7%.

Ban en sy vrou, Joe Soen-Taek het in Johannesburg aangekom vir sy eerste amptelike besoek aan Suid-Afrika sedert hy twee jaar terug die hoof van die VN geword het.

Ban beplan om die besoek aan Afrika af te sluit in Egipte, by die oord van Sharm el-Sheik, waar verteenwoordigers van omtrent 80 skenkerlande beoog om geld vir die herbou van Gasa te belowe.

{mosbanner:id=10}

Hy beplan ook om die anti-apartheidsikoon Nelson Mandela te ontmoet, asook voormalige president Thabo Mbeki en Jacb Zuma, die regerende party se presidensiële kandidaat.

Ban kyk na maniere vir die VN om te help in Zimbabwe, gegewe Suid-Afrika se belangrike streeksrol. Mbeki bly die SAOG-bemiddelaar in Zimbabwe, en die ANK sal na verwagting die verkiesing wen in Suid-Afrika se nasionale verkiesing op 22 April.

Ban se assistente sê hulle hoop sy Afrikatoer kan verhoudings tussen Kongo en die naburige Rwanda ook verbeter.

купить детские игрушки в украинеФильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.