Duitsers se broeke bewe oor Steve Bannon

Ischinger en Bannon
Deel op

Die Duitse regering en die ambassadeur, Peter Wittig, het geweier om kommentaar te lewer oor gerugte dat die Amerikaners die EU ‘n gefaalde projek beskou, omdat hulle die vertroulikheid van gesprekke met die Withuis se hoofstrateeg Steve Bannon nie wil skaad nie.

“Ons is bekommerd en ons moet bekommerd wees,” het Thomas Matussek, ‘n voormalige Duitse ambassadeur in Brittanje en die Verenigde Nasies, aan Reuters gesê.

“Niemand weet niks op die oomblik oor watter soort besluite sal kom uit Washington nie. Maar dit is duidelik dat die man bo en die mense naaste aan hom voel dat dit die nasionale staat is wat identiteit skep en nie wat hulle sien as ‘n amorfe groep lande bymekaar soos die EU nie.”

Bannon het met ‘n Duitse diplomaat diplomaat ontmoet en die boodskap oorgedra, volgens bronne vertroud met die gesprek. Drie bronne wat ingelig is oor die vergadering het met Reuters gepraat op voorwaarde van anonimiteit as gevolg van die sensitiwiteit van die saak.

Die ontmoeting het die Duitse regering in rep en roer, veral dié liberale intervensionistiese amptenare wat gehoop het dat Bannon sy siening sal verander en dat hy ‘n ander boodskap oor Europa in private gesprekke sal huldig.

Volgens Reuters, het Bannon aan Duitsland se ambassadeur in Washington vertel dat hy die EU beskou as ‘n gebrekkige konstruk en voorgestel dat verhoudings met Europa op ‘n bilaterale grondslag plaasvind. Bannon het die gesprek bevestig.

Die bronne sê dit was ‘n lang vergadering, waarin sy boodskap soortgelyk was aan die een wat hy aan ‘n Vatikaan konferensie gelewer het in 2014 as redakteur van Breitbart.

Via Skype, het Bannon Europese regse bewegings verwelkom en die opkoms van nasionalisme verklaar aan die hand van mense wat nie meer “glo in hierdie soort van pan-Europese Unie nie”.

In sy Vatikaan toespraak, het Bannon gesê Wes-Europa is gebou op ‘n fondament van “sterk nasionalistiese bewegings”, en bygevoeg: “Ek dink dit is waarna ons kan vorentoe kyk”. Trump het ook herhaaldelik Brittanje se besluit om die EU te verlaat geprys.

Duitsland en sy Europese vennote is nou gereed vir “vyandigheid teenoor die EU” in terme van beleid, het een bron ingelig oor die vergadering bevestig.

“Dit blyk dat daar geen begrip in die Withuis is dat ‘n ontrafeling van die EU ernstige gevolge gaan hê nie,” het ‘n tweede bron aan Reuters gesê.

Volgens die Withuis is daar geen transkripsie van die vergadering nie.

Die Franse minister van buitelandse Jean-Marc Ayrault en Wolfgang Ischinger, voorsitter van die München Sekuriteitskonferensie, het ongewone oproepe verlede week gedoen vir versekerings dat die VSA nie die EU wil breek nie.

Verkiesings in Nederland, Frankryk en Duitsland gaan die grondslag waarop die Unie gebou is, uitdaag. Die ergste scenario is verlede week beskryf deur Ischinger in ‘n artikel getiteld “Hoe Europa moet omgaan met Trump”.

Hy het gesê dat as die Amerikaanse regering anti-establishment partye in die komende verkiesingsveldtogte aktief ondersteun sal dit ‘n “groot transatlantiese krisis” aktiveer.

Hierdie nuusberig is geskryf met die hulp van Europese nasionalistiese bronne uit Praag se netwerk. Sluit aan by Praag en word deel van die toekoms!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.