Le Pen weier kopdoek vir ontmoeting met Groot Moeftie

Deel op

Marine Le Pen het geweier om ‘n kopdoek dra vir ‘n vergadering met die Groot Moeftie in Beiroet. Op sosiale media het Christene en vroue haar geprys vir haar moed.

Die voorgestelde vergadering met die Groot Moeftie, die mees prominente Sunni Moslem-geestelike in die land, moes op die laaste minuut gekanselleer word.

Le Pen moes Sjeg Abdellatif Deriane, die Groot Moeftie van Libanon, in sy kantoor in die hoofstad ontmoet. Die grootkop se mediakantoor het gesê dat Le Pen vooraf in kennis gestel is van hul vereiste dat sy verskyn met haar kop bedek, berig Reuters.

By haar aankoms, is Le Pen weer gevra om ‘n kopdoek te dra. Volgens AFP, is Le Pen die sluier gegee om oor haar hoof te trek.

Maar sy het geweier, want sy is nie ‘n Moslem nie. “Jy kan my opregte groete aan die Groot Moeftie oordra, maar ek sal myself nie bedek nie,” het Le Pen gereageer. Sy het toe die ontmoeting gekanselleer.

Sy het verduidelik dat tydens ‘n vergadering met Egipte se Ahmed El-Tayeb, die Groot Imam van Al-Azhar, ‘n gesogte Sunni-titel, in 2015, was dit nie nodig om ‘n kopdoek te dra nie. “Ek het die Groot Moeftie van Al-Azhar ontmoet,” het sy aan verslaggewers gesê. “Die hoogste Sunni gesag het toe nie hierdie vereiste gehad nie.”

Sy het lof vir haar besluit op sosiale media ontvang: “Mooi so! Jy moet nie politiek en godsdiens meng nie,” het een persoon geskryf op Twitter. Kopdoeke en ander opvallende godsdienstige simbole word verbied in Franse skole sedert 2004.

‘n Ander een het getwiet: “Daar is diegene wat oor vroueregte praat en daar is diegene wat dit eintlik verdedig. Marine Le Pen.”

Die FN leier is uitgesproke in haar teenkanting teen die Moslemkopdoek en het gesê dat sy godsdienstige simbole sal verbied in openbare plekke.

Die Moeftie se helper was woedend: “Die Edik Huis is spyt oor sulke onvanpaste gedrag op so ‘n vergadering.”

Die Moeftie is eintlik dikbek omdat Le Pen die Siriese president Assad verdedig.

Vroeër, ná gesprekke met Libanese premier Saad Hariri, het Le Pen teen die Sosialistiese Franse beleid in Sirië uitgevaar en aan verslaggewers gesê dat president Assad die enigste keuse as leier van die land is.

Tydens haar uiters suksesvolle besoek aan die Midde-Ooste het Franse polisie haar party se hoofkwartier gaan omkrap as deel van ‘n “ondersoek na vervalste poste” wat eintlik maar ‘n politieke heksejag is.

Die Franse owerhede het twee werkers van die presidensiële kandidaat ondervra. Sy word daarvan beskuldig dat sy EU-fondse wat sy as lid van die Europese parlement ontvang het, “misbruik” het.

Le Pen se senior helper, Catherine Griset, en haar veiligheidswag is ondervra. Die polisie wil glo vasstel of die EU hulle moes betaal vir werk wat hulle nie gedoen het nie.

Die EU beskuldig Le Pen daarvan dat sy die twee as parlementêre assistente voorgestel het, hoewel daar geen bewyse daarvoor was nie.

Sy ontken dat sy iets verkeerd gedoen het en sê die kamtige ondersoek word gedoen om die fokus van haar gewildheid as hoofnuus te probeer afhaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.