Dullstroom-plaasaanval: Twee onskuldiges wat altyd net die goeie in almal wou raaksien

Deel op

Die grusame verhaal van die plaasaanval in Dullstroom, is nogmaals een van wrede swart geweld teen onskuldige wit slagoffers.

Sue Howarth is in ‘n kritieke toestand in die Midmed intensiewe sorgeenheid. Haar man, Robert Lynn, lê minder as ‘n honderd meter van haar in die chirurgiese saal. Dokters hou hom nog onder verdowing.

Die egpaar is oorval in hul huis, gemartel, in hul eie voertuig gelaai en Sondagoggend vir dood agtergelaat langs die pad in ‘n bergagtige pas buite Belfast.

Sue het ‘n passie vir skaaphonde en is ‘n gereelde deelnemer aan die Suid-Afrikaanse Skaaphond Proewe.

Voordat die egpaar na Dullstroom verhuis het, was Sue aan die hoof van ‘n farmaseutiese maatskappy in Johannesburg. Sy het haar nooiensvan behou nadat sy met Robert, ‘n elektriese ingenieur vir Eskom, getroud is.

Die verskrikking van wat gebeur het, is nog vars in almal se geheue. Robert se liggaam is vol sny- en brandmerke en ‘n koeël sit in sy nek. Die dokters het besluit om dit nie te verwyder vir die oomblik nie.

Robert en Sue is die mede-eienaars van ‘n plaas met die naam Mash Land, net buite Dullstroom waar Sue haar passie vir skaaphonde en hul opleiding uitleef. Sy het drie honde, al drie van die Border Collie Rescue Organisation aangeneem.

Irene Thompson, van die organisasie, beskryf Sue as ‘n vrou met ‘n hart van goud wat dikwels geld geskenk het aan hulle.

Sondagoggend, net ná 02:00, het Robert wakker geword in sy bed met drie swartes in klapmusse wat ​​langs hom staan. Wat daarna gevolg het, was ‘n weersinwekkende aanval op twee onskuldige mense wat altyd net die goeie in almal wou raaksien.

Maar miskien is die twee juis daarom as sagte teikens beskou deur hul swart aanvallers.

Hulle is gemartel met ‘n blaasvlam en messe. ‘n Plastieksak is in Sue se keel afgedruk en hulle het probeer om Robert te verwurg met ‘n swart sak om sy nek.

Robert het aan die swart aanvallers sy bankkaarte en PIN-nommers oorhandig soos hulle versoek het, maar die booswigte was nog nie tevrede nie.

Hulle het die egpaar, nog in hul nagklere, in hul Nissan Hardbody dubbelkajuit met Border Collie plakkers op die agterkant, gelaai.

Daarna is hulle na Belfast deur Stoffberg. In die pas is Sue twee keer in die kop geskiet voordat haar aanvallers haar gesleep het in die veld langs die pad. Die voorste deel van haar liggaam is rou geskraap, nadat sy met haar gesig na onder gesleep is oor die teerpad, grond en gras.

Paar meter verder was dit Robert se beurt. Sy aanvallers het gemik vir sy kop, die sneller getrek en hom uit die voertuig gesmyt.

Die egpaar is ontdek na 06:00 deur twee vriende wat op pad was om te gaan visvang. Hulle het ‘n sigbaar verwarde Robert opgemerk langs die pad.

Hy het snye en brandmerke oral op sy lyf en ‘n wond aan sy nek. ‘n Swart sak is styf vasgemaak om sy nek en hy kon eers behoorlik praat nadat dit verwyder is. Dit is steeds onduidelik of hy daarvan bewus is dat hy geskiet is op daardie tydstip.

Sue is ontdek onder bome, in ‘n sloot. Haar redders het daarin geslaag om haar te vind omdat hulle haar kreune van pyn gehoor het en sleepmerke van die pad in die veld gesien het.

Haar kop was bedek met ‘n handdoek. Haar oë was toegeswel. Sy was slegs gedeeltelik geklee met net stukkies van haar hemp wat oorgebly het.

Die swartes het ‘n plastieksak afgedruk in haar keel om haar te versmoor, en dit is ‘n wonderwerk dat sy dit oorleef het. Sy is twee keer in die kop geskiet en die twee koeëls is steeds nie verwyder nie.

Die beseerde paartjie is inderhaas na die Belfast-hospitaal geneem waar hulle later na Middelburg se Midmed verskuif is. Die swart personeel in Belfast het nie opgemerk dat die egpaar geskiet is nie. Dié skietwonde is glo eers in Middelburg ontdek.

Sue het nog nie haar bewussyn herwin sedert die beproewing nie. Sy verkeer steeds in ‘n koma. Howarth word tans vir skok behandel en vir observasie in die hospitaal gehou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.