Net na linkse idiote Trump uitlag, slaan Swede aan die brand

Deel op

‘n Spul totaal nuttelose glanspersoonlikhede wat op die hoofstroommedia teer vir aandag en linkse Sweedse politici het ‘n dag of twee tog te lekker gelag vir President Trump omdat hy maatskaplike probleme rakende immigrante in Swede uitgewys het. Hulle beweer daar bestaan nie so iets nie.

Maar intussen het Dagbladet en Expressen berig dat onluste uitgebreek het in die immigrantenes van Stockholm se voorstad Rinkeby. Die voorstad se bynaam is “Klein Mogadisjoe” as gevolg van die aantal Somaliërs wat daar woon.

Sweedse polisie moes waarskuwingskote afvuur toe honderde wetstoepassers met klippe bestook het en motors aan die brand gesteek het na skares nie-blankes in die middel van Rinkeby bymekaargekom het vir “georganiseerde aanvalle“.

In baie sulke gemeenskappe is daar vyf keer meer seuns as dogters, sê Tove Lifvendahl. In Junie 2010 was Rinkeby die toneel van onluste en aanvalle op die plaaslike polisiekantoor. Lede van die nuusspan van ’60 minutes’ is aangeval in 2016.

Swede sukkel om groot getalle Moslems te integreer, maar maak asof dit nie die geval is nie. Volgens ‘n AP verslag, van 24 Januarie, is ‘n Al-Kaïda-groep besig met werwing onder Somaliese jeugdiges wat in Rinkeby woon. Dit is ook na bewering die sentrum van die werwingspogings van al-Sjabaab, ‘n groep met bande met Al-Kaïda.

Dit gebeur binne Sweedse regeringsprogramme. Svenska Dagbladet, het berig oor hoe sommige amptelike skemas geïnfiltreer is deur jihadiste.

In Göteborg is ‘n Britse seun vermoor deur ‘n granaataanval, wat ‘n paar illusies oor Swede begrawe het. Verlede week se moord op agt-jarige Yuusuf Warsame van Birmingham, wat by familie gekuier het, was veral skokkend. Hy was ‘n slagoffer van die Somaliese bendeoorlog wat daar woed. Verlede jaar is ‘n vier-jarige meisie vermoor deur ‘n motorbom buite Göteborg.

“Vandag is die bende-omgewing – goed, ek wil nie presies dit die Wilde Weste noem nie, maar iets in daardie rigting,” sê Amir Rostami, ‘n kenner van Sweedse georganiseerde misdaad by Stockholm Universiteit.

Dagbladet beskryf die situasie tydens die onluste die naweek as ernstig. “Dit lyk soos ‘n oorlogsone hier”, het hy gesê.

Vryskutfotograaf Janne Akesson was op die terrein van die onluste Maandagaand en vroeg Dinsdag. “Hulle gooi klippe na die polisie en die polisie moes waarskuwingskote skiet. Ek het weggekom toe dit op sy ergste was” het hy aan Dagbladet vertel.

“Ek weet nie hoeveel betrokke nie, maar daar sal in elk geval ‘n paar mense wees,” sê Lars Bystrom, woordvoerder by die polisie in Stockholm. Hy het onbedoeld aan Expressen TV erken dat die toestand buite beheer is en dat wetstoepassers dit nie eens binne die gebied waag nie.

Volgens inligting in die Sweedse media, is versoeke om versterkings uit Sollentuna en Brännkyrka ontvang, maar die polisie se nooddienste kon nie toegang verkry nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.