Frankryk se ‘verkiesing van onbekendes’ met Le Pen

Deel op

Marine Le Pen het veld gewen teen haar teenstanders omdat kommer oor veiligheid toeneem. “Hierdie naweek was ‘n totale, hardloop-vir-jou-lewe saak,” sê Yves-Marie Cann, hoof van politieke studies by navorser Elabe. Hy het met Bloomberg gepraat oor hoe die ander kandidate in die moeilikheid is teen Le Pen.

“Meer as ooit, is dit nou ‘n presidensiële verkiesing van onbekendes,” sê Cann.

Le Pen se kanse om te wen in die verkiesing in Frankryk het drasties verbeter want Emmanuel Macron het kwaai kritiek getrek met sy kommentaar – ook van die sentrum en links – oor die Franse koloniale verlede en Frankryk se “misdade teen die mensdom”, maar Bloomberg berig dat die Franse markrisikopremie aan die toeneem is met die opkoms van die FN-leier.

Le Pen vernou die gaping met haar teenstanders. OpinionWay toon Macron sal Le Pen verslaan met 58 persent teen 42 persent in die tweede ronde, maar sy voordeel het gehalveer in minder as twee weke. “Dit gaan alles oor sekuriteit,” sê Bruno Jeanbart, direkteur van OpinionWay. “Le Pen kon voordeel trek uit die feit dat hulle almal besig is om óf te kibbel of nie in staat is om hulself los te wikkel uit hul talle kontroversies nie.”

Maandag se daaglikse OpinionWay peiling toon anti-immigrasie kandidaat Le Pen loop voor met tot 27 persent, met Macron en Republikeinse kandidaat Francois Fillon onveranderd op 20 persent elk. OpinionWay meen Sosialistiese Benoit Hamon op 16 persent en Kommunis Melenchon op 12 persent, kan beteken dat ‘n gekombineerde kandidatuur dit kan maak tot die tweede ronde teen Le Pen.

Maar Le Pen se harde oordeel oor die rasonluste wat opgevlam het in Frankryk verlede week, oënskynlik teen “polisiebrutaliteit”, het haar kanse verhoog. Die Front Nasional-leier het die swart en Arabiese jeugdiges veroordeel wat in verskeie stede in Frankryk vir dae lank onluste gepleeg het nadat ‘n swart misdadiger genaamd “Theo” beweer het dat hy deur die polisie “verkrag” is tydens ‘n dwelmklopjag.

In ‘n aparte Harrispeiling is Le Pen beskou as beste geplaas weens vrese oor sekuriteit, ná meer as 200 mense gedood is in terroriste-aanvalle in net meer as twee jaar en hierdie maand het ‘n soldaat in die Louvre vyf skote op ‘n swart aanvaller afgevuur wat gewapen was met ‘n panga en “Allah Akbar” geskree het.

Eric Woerth, ‘n voormalige minister van begroting en ondersteuner van Fillon, het Macron ‘n “televisie-evangelis” op RTL Radio genoem met sy rasdwepery oor kolonialisme.

Valerie Pecresse, wat Parys se plaaslike regering hoof is, het gesê op RMC radio dat Macron nie die “karakter” het om op te staan ​​teen wêreldleiers nie en Thomas Piketty, ‘n ekonoom wat Sosialistiese kandidaat Benoit Hamon adviseer, het aan BFM TV Sondag vertel Macron verteenwoordig “die ou Europa van die verlede”.

Na sy mislukte besoek aan Algerië verlede week waar hy die twak oor kolonialisme kwytgeraak het, was Macron in Londen Dinsdag. Le Pen is tans in Libanon waar sy met President Michel Aoun Maandag vergader het, en Hamon was in Portugal oor die naweek. Aoun is die laaste Christen-president in die Midde-Ooste en ‘n ondersteuner van Sirië se president Assad.

Tydens haar besoek, het Le Pen dit duidelike gemaak dat sy nie die regime-verandering in Sirië steun nie en gesê Assad moet bly. Die Angelsaksers wil van hom ontslae raak.

Die eerste ronde van die Franse verkiesing vind plaas op 23 April, met die twee top kandidate wat op 7 Mei meeding.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.