Duisende immigrante verdwyn in Duitsland

Deel op

Die mislukking van Angela Merkel se immigrasiebeleid is blootgelê nadat dit rugbaar geraak het dat een vyfde van derdewêreld aankomelinge verdwyn het in Duitsland. Dis duidelik dat die land onvoorbereid was op die instroming.

Volgens ‘n berig in Die Welt, is die deelstaatowerhede in Brandenburg “op soek na duisende vlugtelinge” wie se “verblyfplek onbekend” is.

Duitse amptenare jag nou meer as 3 000 vlugtelinge in een staat alleen wat van die radar verdwyn het. Die meeste het na Duitsland gekom in 2015 via die sogenaamde Balkanroete, en vrese is aan die toeneem dat ‘n aantal ondergronds gegaan het as terroriste vir die Islamitiese staat (ISIS).

Die vermiste immigrante is aangemeld in die staat van Brandenburg naby die hoofstad Berlyn, toe die kantoor van die staatsaanklaer begin het met terugwerkende regulering van die asielsoekers. “Vyftien tot 20 persent van 18 000 vlugtelinge is skoonveld,” sê aanklaer Ulrich Scherding.

Amptenare erken dat tydens die chaos van die krisis is die data van duisende immigrante “onvoldoende aangeteken” en diegene wat verdwyn het, wag waarskynlik vir hul jihadistiese betaalmeesters se bevele om terreurdade te pleeg.

Die meeste in Brandenburg het via Hongarye en Oostenryk in 2015 aangekom, maar hul huidige verblyfplek is onduidelik, erken die staat se adjunk ministerie van binnelandse sake se woordvoerder Wolfgang Brandt.

‘N SPD politikus, Brandenburg se minister van binnelandse sake, Karl-Heinz Schröter, het gesê dit is “algemeen bekend dat baie mense wat op die hoogtepunt van die beweging van vlugtelinge na Duitsland aangekom het, later verdwyn het van die radar af,” want die tegnologie om vingerafdrukke van al 47 000 vlugtelinge te neem in 2015, het eenvoudig nie bestaan ​​nie, maar “nou is owerhede toegerus met vingerafdrukstoortegnologie”.

Dit is dus waarskynlik dat indien die 20 persent “verdwyn” koers regdeur Duitsland van toepassing is, sou dit beteken dat tienduisende immigrante net skoonveld is sedert 2015.

Verlede week het Angela Merkel herhaal dat dit Europa se plig is om meer migrante te neem, ten spyte van openbare protes. Sy het by die München sekuriteitkonferensie, ook gesê Islam is nie ‘n bron van terreur nie, selfs na ‘n paar dodelike terreuraanvalle in Berlyn, sowel as Parys en Nice.

Noordryn Wesfale, waar ‘n koalisie tussen die SPD en die Groen Party heers, het aangekondig dat alle Afghaanse “vlugtelinge” nie oorhandig sal word aan die sentrale regering vir deportasie nie, selfs al is Afghanistan verklaar as ‘n “veilige” land.

Schleswig-Holstein het ‘n soortgelyke onsinnige verklaring uitgereik, maar Jutta Cordt, die nuut aangestelde hoof van die Federale Buro vir Migrasie en Vlugtelinge (BAMF), het opgemerk daar “is gebiede in Afghanistan wat relatief veilig beskou word. Daar is binnelandse ontsnappingsalternatiewe.”

Hierdie berig is uniek in Afrikaans. U sal dit net op Praag lees want ander bronne wil nie dat u dit weet nie. Sluit asseblief aan en ondersteun die harde werk wat ons doen!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.