Gordhan sal vandag gapende gat van R28 miljard moet toestop

Gordhan; Molefe

Die DA sê die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, moet ‘n alternatiewe manier kry om belastingverhoging te vermy, want indien belasting wel verhoog word, sal dit groei aan bande lê.

Die ANC is onder druk om ‘n bykomstige R28 miljard van iewers af te verhaal vir die finansiële jaar om die fiskale gat waarin die land versink, toe te stop.

As Gordhan vandag sy begrotingsrede lewer, sê die DA een van die alternatiewe sal wees om bates te verkoop en verkwisting en staatsuitgawes te besnoei.

Die DA se woordvoerder oor finansies, David Maynier, en sy adjunk, Alf Lees, het die party se belastingalternatiewe op ‘n nuuskonferensie in die Parlement uitgelig.

Lees sê die minister het verlede jaar aangedui dat hy ‘n bykomende R28 miljard in die volgende geldjaar moet insamel.

Die minister “is besig om te verdrink in rooi ink” van beleid om die armes op te hef en om die boeke te balanseer word ‘n aankondiging van ‘n kombinasie van direkte en indirekte belastingverhogings gemik persoonlike inkomstebelasting, verwag.

Sowat R428.5 miljard, of 37 persent van belastinginkomste van die staat, in 2016/17 kom van persoonlike belasting.

Daar word verwag dat brandstof, rykdom, suiker en tabak belastingverhogings te wagte kan wees.

Intussen het die ANC-LP, Makhosi Khoza bevestig dat sy haar posisie op die parlement se staande komitee oor finansies moes ontruim.

Khoza sê die rede hiervoor is nie duidelik nie. Daar word bespiegel dat haar vertrek ruimte skep vir die voormalige Eskom-hoof, Brian Molefe wat eersdaags as parlementslid ingehuldig sal word.

Khoza sê ‘n brief wat haar inlig oor haar nuwe rol op die komitee oor die staatsdiens is 8 Februarie gedateer, maar sy het die brief eers verlede week ontvang.

Opposisiepartye is gekant teen Molefe se inhuldiging en beweer dat hy voorberei word vir die posisie van minister van finansies.

Khoza het verdere navrae na die ANC-hoofsweep, Jackson Mthembu verwys.

Die ANC het intussen teruggekrabbel oor ‘n vorige verklaring dat Molefe môre tydens die begrotingsrede as ‘n LP ingehuldig sal word.

Die ANC se woordvoerder in die parlement, Nonceba Mhlauli sê hulle was onder die indruk dat die inhuldiging sou saamval met die minister van finansies, Pravin Gordhan, se begrotingsrede.

Daar word nou gewag op die bevestiging van ‘n nuwe datum. Die parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo sê daar is nog nie op ‘n datum besluit nie.

Molefe het by Eskom bedank nadat die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela se verslag oor staatskaping vrygestel is.

Molefe word in die verslag beskuldig van ‘n onbehoorlike verhouding met die Guptafamilie.

Graderingsinstansies S&P Global en Fitch Ratings steun Gordhan en het in Desember deur die behoud van hul belegging-graad graderings op die land se skuld, gewys hulle het vertroue in hom.

Maar hulle het gewaarsku dat politieke onrus, lae groei en verontagsaming van die begrotingsteiken die risiko van ‘n afgradering sal verhoog.

Om van Gordhan ontslae te raak, “sal ‘n baie negatiewe markeffek hê,” sê John Ashbourne, ‘n ekonoom by Capital Economics in Londen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • G

    Dit was toe ‘n nat vis van ‘n begroting

  • Anton Schutte

    molefe se intrede tot die parliament is bekommerend. As zuma en sy trawante enigsins die huidige posisie van beide Gordhan en Jonas aanraak, en die sensatiewe omstandighede versteur , is die koeel deur die kerk…baai baai geldwaarde…Ek het vanoggend gekyk na Gordhan se begrootingsrede, en die opposisie se eerdenking aan beide Jonas en Gordhan; dit moes soos n pot warm stront vir zuma geproe het.