Die man wie se vrou gedurende ‘n plaasaanval vermoor is, se lyk is gevind naby dié van sy vrou.
Roger Solik (66) en sy vrou Christine van ‘n plaas in die Nottingham Road omgewing in KwaZulu Natal, is Vrydag aangeval.
‘n Soektog is van stapel gestuur nadat die leë huis met bloedvlekke ontdek is.
Die vrou se liggaam is eers ‘n dag later, ongeveer 70km van die huis in die Inzingarivier aangetref. Haar hande was agter haar rug vasgebind.
Solik het aan Parkinsonsiekte gely en kon nie sonder sy medikasie praat of loop of self oor die weg kom nie.
‘n Polisiesoektog is van stapel gestuur en Solik se lyk is glo ongeveer 2km van dié van sy eggenoot opgespoor.