Treine bots reg van voor buite Pretoria

Deel op

Treindienste tussen Pretoria en Ga-Rankuwa is opgeskort ná die treinongeluk buite Pretoria waarin meer as honderd mense Maandagaand beseer is.

Twintig is glo in ‘n ernstige toestand. Die oorsaak van die ongeluk en hoe twee treine op dieselfde spoor kon beland, is nog nie bekend nie. Die beseerdes is na verskillende hospitale vervoer. Net 38 pasiënte is steeds in die hospitaal.

Twee treine het by die Lyncross-stasie buite Pretoria reg van voor teen mekaar gebots. ‘n Woordvoerder van Metrorail, Lillian Mofokeng, sê alle treinpendelaars wat die roete tussen Pretoria en De Wildt oor Rosslyn gebruik, sal deur die ongeluk geraak word.

Sy sê busse sal op die stasies beskikbaar wees om pendelaars te vervoer, maar vra dat mense waar moontlik van alternatiewe vervoer sal gebruik. Mofokeng het ‘n beroep op pendelaars gedoen om geduldig te wees.

Metrorail sê hy stel ondersoek in na die oorsaak die ongeluk buite Pretoria.

Mofokeng sê die treindienste tussen De Wildt en die middestad bly opgeskort tot verdere kennisgewing.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.