Dis ‘n gevaarlike werk om ‘n Russiese gesant te wees

Rusland se ambassadeur in die VSA, Witali Tjurkin, is in sy kantoor in New York dood aan ‘n “hartaanval” net ‘n dag voor sy verjaarsdag. Hy was 64 jaar oud.

Dié werk begin besonder gevaarlik lyk. Dit is nou derde sleutelpersoon wat skielik beswyk aan onverwagte “natuurlike oorsake”.

Die Russiese Ministerie van Buitelandse Sake het geen besonderhede oor Tjurkin se dood bekendgemaak nie. Die ambassadeur was ‘n uitnemende gesant van Rusland.

Die Obama-administrasie se ondersteuning vir ISIS en bombardering van die Siriese stad Aleppo, is deur Russiese ingryping omgekeer.

Toe die Amerikaanse diplomaat by die Verenigde Nasies, Samantha Power, Rusland verlede jaar daarvan beskuldig het dat hy aanspreeklik is vir “gruweldade” in Sirië, het Tjurkin gesê sy tree soos Moeder Teresa op en vergeet van Amerika se aanvalle in die Midde-Ooste.

Nog ‘n Russiese gesant Andrei Malanin, 55, is dood op sy badkamervloer gevind deur ‘n ander lid van die ambassade personeel, het ‘n Griekse polisiebeampte op 11 Januarie deser in Athene bevestig.

Volgens Associated Press het die Griekse polisie ‘n moordondersoek-eenheid ingeroep omdat hulle onraad vermoed het.

Malanin se dood was drie weke nadat die ambassadeur van Rusland in Turkye, Andrei Karlov, vermoor is deur ‘n polisiebeampte terwyl hy by ‘n foto-uitstalling in Ankara opgetree het. Sy moord is op kamera vasgevang.

Griekeland se eertydse ambassadeur na Rusland is ook onder vreemde omstandighede in Brasilië oorlede.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.