Meubelsaak vra om verskoning oor slegs-mans katalogus

Deel op

Ikea Israel het ‘n verskoning uitgereik omdat sy meubelkatalogus net mans en seuns bevat en geen vroue nie.

“Ons besef dat mense ontsteld is daaroor en dat die publikasie nie voorhou waarvoor IKEA staan nie, en ons vra om verskoning hiervoor,” het die uitvoerende hoof Shuky Koblenz in ‘n verklaring gesê.

Vroeër het die Israeliese kantoor van IKEA, ‘n internasionale Sweedse meubelsaak, ‘n verklaring uitgereik om die katalogus te verduidelik as ‘n besluit wat geneem is “na versoeke wat ons ontvang het, om ‘n alternatiewe en spesiale katalogus uit te gee, wat toelaat dat die godsdienstige en Ortodokse gemeenskappe dit kan geniet om deur ons produkte te blaai en die oplossings te vind wat IKEA bied in ooreenstemming met hul leefstyl.”

Die Israeliese tak van die Sweedse meubelreus het die katalogus beskryf as ‘n poging om die ultra-Ortodokse Jode as kliënte te lok, aangesien hulle 10 persent van Israel se 8,6 miljoen burgers is wat ‘n streng interpretasie van Joodse wette volg.

Ultra-Ortodokse vroue dra lang rompe, lang moue en kopdoeke, en beskou foto’s van vroue as onwelvoeglik en teen godsdienstige reëls.

Die gereelde Ikea katalogus in Israel beskik oor ‘n “multikulturele” groep mans en vroue, met gay en gemengde-ras paartjies, terwyl die slegs-mans katalogus ultra-Ortodokse mansmodelle toon wat sybaarde en kippas dra.

Die items wat uitgelig word, sluit boekrakke in wat uitgebreide versamelings van boeke oor die Joodse wet bevat, en klaptafels en opslaanbeddens bedoel om besoekers tydens groot familiebyeenkomste op Joodse vakansiedae te akkommodeer.

Die tekste in die katalogus is ook daarop gemik om die ultra-Ortodokse Jode te trek. As sodanig, bykomend tot ‘n tafel gedek vir die Sabbat en rakke vol van gebedsboeke, is daar onderskrifte wat kliënte vertel hulle kan “die familie samesyn geniet”.

Dit is nie die eerste keer dat Ikea verontwaardiging met sy promosiemateriaal ontlok nie. In 1994 het die maatskappy ‘n advertensie met ‘n gay paartjie in die VSA gebruik, waarna godsdienstige konserwatiewes die maatskappy geboikot het.

In 2012, het Ikea vroue uit hul katalogusse uitgehaal vir die Saoedi-Arabiese mark en in 2013, is die maatskappy gekritiseer deur LGBT aktiviste vir weglating van ‘n storie oor ‘n lesbiese paartjie in die Russiese uitgawe van sy winkeltydskrif. Die artikel was teen die wet in Rusland wat positiewe uitbeeldings van gay mense verbied.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.