Man steeds vermis na sy vrou in plaasaanval vermoor is

Deel op

‘n Man wie se vrou gedurende ‘n plaasaanval vermoor is, word steeds vermis.

Roger Solik en sy vrou Christine van ‘n plaas in die Nottingham Road omgewing in KwaZulu Natal, is Vrydag aangeval.

Die vrou se liggaam is eers ‘n dag later, ongeveer 70km van die huis in die Inzingarivier aangetref. Haar hande was agter haar rug vasgebind.

Solik ly aan Parkinsonsiekte en kan nie sonder sy medikasie praat of loop of self oor die weg kom nie.

‘n Polisiesoektog is van stapel gestuur en die gemeenskap word ook gevra om hulle by te staan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.