Britse egpaar op hul plaas in Dullstroom aangeval

Deel op

Die polisie in Mpumalanga soek na drie swartes wat die naweek ‘n bejaarde Britse egpaar op hul plaas in Dullstroom aangeval het.

Robert Lynn en sy vrou Sue Howarth is in ‘n bedenklike toestand in ‘n hospitaal in Middelburg na ‘n plaasaanval naby Dullstroom.

Lynn was voorheen ‘n ingenieur by Eskom voordat hy op die plaas March land gaan aftree het.

Die vrou het ‘n plastieksak oor haar kop gehad en was besig om te versmoor. Sy is steeds in ‘n koma. Die man is met ‘n blaasvlam gemartel en het steekwonde aan sy rug en bene gehad.

Die egpaar se skootrekenaars is nie gesteel nie.

Die drie aanvallers het blykbaar geld geëis. Die bejaardes is erg aangerand en is gedwing om hul bankkaarte en geheime nommers te gee.

Die aanvallers het met die egpaar se voertuig gevlug. Die bejaardes is op die pad tussen Dullstroom en Lydenburg afgelaai waar ‘n verbyganger hulle opgelaai en na ‘n hospitaal geneem het.

Die polisie het ‘n beroep op mense gedoen wat inligting het om die Stop Misdaadnommer te skakel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.