Starbucks beledig Italianers met palmbome langs ikoniese katedraal

Inwoners van Milaan is woedend oor die skielike verskyning van ‘n spul palmbome wat die beroemdste katedraal in Milaan, ‘n 14de-eeuse Gotiese wonder bekend as die Dom van Milaan, verbloem.

Hulle sê die nie-inheemse plante langs ‘n ikoniese Italiaanse argitektuurbesienswaardigheid is uit plek.

Nasionaliste voel die plant-projek, geborg deur Starbucks, die Amerikaanse koffiereus, ‘n bykomende belediging is vir koffiemal Italianers. Italië spog met ‘n netwerk van meestal onafhanklike koffiekroeë wat uiteindelik strawwe kompetisie van die Amerikaanse multinasionale bedryf in die gesig kan staar.

Die 42 palmbome, sommige van hulle vyf meter hoog, is die eerste plante wat piesangbome in die skaduwee van die katedraal ook insluit.

“Palms en piesangs in Piazza Duomo! Al wat ons nou nodig het is kamele en ape en ons sal regtig Afrika in Italië wees,” het Matteo Salvini, leier van die Noordelike Liga, verklaar.

Die anti-immigrasie politikus het gewaarsku dat Starbucks duisende swart migrante kan gebruik in die toekoms vir Starbucks se Italiaanse afsetpunte, nadat die maatskappy voorgestel het dat hulle werk aan “vlugtelinge” sal gee.

“Sover hul koffie betref, sal ek myne iewers anders koop,” sê Salvini.

Verskeie Italianers in Milaan is gewalg deur die palmbome, maar ‘n swarte het gesê hy voel tuis toe hy gevra is of die bome daar welkom is. Hy het geantwoord: “Ja, dit is ‘n goeie atmosfeer”.

Italië het intussen ook ‘n linkse wet probeer deurdwing met boetes van tot €10.000 en gevangenisstraf van tot twee jaar vir die verspreiding op die internet van “vals, oordrewe of kwetsende nuus” of diegene wat verantwoordelik is vir “veldtogte van haat” omdat Afrika en piesangbome nou die onderwerp van spot geword het na die Starbucks-plan.

Die konsepwetgewing sal nie van toepassing wees op koerante nie. Papiernuus sukkel om met die internet mee te ding.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.