Twitter slaan aan die brand in ontkenning oor Swede se verkragtingsepidemie

Deel op

Die Amerikaanse president Donald Trump het sy gunsteling platform, Twitter, gebruik om die maatskaplike probleme wat veroorsaak word deur immigrasie in Swede te verduidelik.

Die president het getwiet: “My stelling oor wat gebeur in Swede was in verwysing na ‘n storie wat uitgesaai is op @FoxNews oor immigrante en Swede.”

In die Fox News dokumentêre aflewering waarna Trump verwys het, het filmmaker Ami Horowitz gesê: “Daar was ‘n absolute toename in beide wapengeweld en verkragting in Swede vandat hulle begin het met hierdie oop-deur beleid,” met verwysing na Swede se besluit om sy deure oop te maak vir groot getalle vlugtelinge in 2013, het die BBC berig.

Horowitz het aan Fox News gesê mense hoog in die Sweedse regering is doelbewus besig om verkragtingsmisdade deur “kwesbare” immigrante toe te smeer.

Gedurende sy veldtog-styl byeenkoms Saterdag in Florida, het Trump verwys na voorvalle in Duitsland en Swede ter verdediging van sy uitvoerende bevel oor immigrasie en vlugtelinge – spesifiek met verwysing na die Fox dokumentêr oor Swede die vorige aand.

“As jy kyk na wat gebeur in Duitsland, as jy kyk na wat gisteraand in Swede aangaan – Swede” het hy gesê. “Wie sou dit glo? Swede! Hulle het groot getalle ingeneem, hulle probleme is soos hulle nooit gedink het moontlik sou wees nie.”

Die Sweedse ambassade in Washington was so onthuts oor Trump se onthulling oor die negatiewe aspekte van immigrasie, dat hulle voorgegee het om te nie begryp ​​waarna Trump verwys nie. Sweedse regeringsamptenare het dadelik verklaar daar was nog “geen terreuraanvalle” in Swede nie, en die verkragtingsplaag wat direk gekoppel is aan “vlugtelinge” totaal geïgnoreer.

Maar Horowitz het die geweld uitgelig: “Van die begin van die vlugtelingkrisis, was daar ‘n oplewing in wapengeweld en verkragting – die statistieke is duidelik.”

Veertig jaar ná die Sweedse parlement eenparig besluit het om die voorheen homogene Swede te verander in ‘n multikulturele land, het geweldsmisdaad met 300 persent en verkragtings met 1 472 persent toegeneem. In 1975, was 421 verkragtings by die polisie aangemeld, in 2014, was dit 6 620. Swede is nou nommer twee op die lys van verkragtingslande, waar Lesotho in Suider-Afrika voorloop.

Volgens syfers van die Sweedse Nasionale Raad vir Misdaadvoorkoming van 2011, het 29 000 Sweedse vroue gerapporteer dat hulle verkrag is, wat daarop dui dat minder as 25 persent van die verkragtings by die polisie aangemeld is.

En in 2015, was die verhouding van verkragtings waar die Sweedse polisie eintlik die verdagte gevind het 14 persent. In 86 persent van verkragtings, het die verkragter weggekom.

Die internet radiostasie Granskning Sverige het die hoofstroomkoerante Aftonbladet en Expressen gevra waarom hulle die skuldiges in verkragtingsake as “Sweedse mans” beskryf wanneer hulle eintlik Somaliërs sonder Sweedse burgerskap is. Die hoofstroom Sweedse koerante het aanstoot geneem toe hulle gevra is of hulle ‘n verantwoordelikheid voel om Sweedse vroue te waarsku om weg van immigrante mans te bly. Een joernalis het gevra waarom dit hul verantwoordelikheid moet wees.

Michael Hess, ‘n politikus uit se Swede Demokratiese Party, is aangekla van “swartsmeerdery van etniese groepe” [hets mot folkgrupp], ‘n misdaad in Swede ná sy kommentaar oor die verkragtingsepidemie. “Wanneer sal joernaliste besef dat dit diep gewortel is in die Moslemkultuur om te verkrag… Daar is ‘n sterk verband tussen verkragtings in Swede en die aantal immigrante uit MENA-lande [Midde-Ooste en Noord-Afrika].”

In Mei 2014 het Hess ‘n opgeskorte tronkstraf en ‘n boete ontvang.

Hess het voorheen in Moslemlande gewoon en tydens sy verhoor, bewyse voorgelê van hoe die sharia handel met verkragting, sowel as statistiek wat aandui dat Moslems aansienlik oorverteenwoordig onder oortreders van verkragting in Swede. Maar die hof het beslis dat hierdie feite “irrelevant” is.

‘n Verslag 1996 het getoon dat immigrante uit Noord-Afrika (Algerië, Libië, Marokko en Tunisië) 23 keer so geneig is om verkragting te pleeg as Sweedse mans.

In 2002 was 85 persent van diegene wat gevonnis is tot ten minste twee jaar in die tronk vir verkragting in Svea hovrätt, ‘n appèlhof, buitelandsgebore of tweede generasie immigrante.

Swede is nou die vinnigste groeiende land in Europa as gevolg van immigrasie, maar Sweedse wette verbied registrasie gebaseer op afkoms of godsdiens. Bendeverkragtings, voorheen onbekend in Sweedse kriminele geskiedenis, is nou deel van die misdaadtoneel, maar geen studies word daaroor gedoen nie.

Volgens Eurostat syfers van 2015, is die werkloosheidsyfer onder buitelandse burgers in Swede 20,1 persent, terwyl die Sweedse burgers ‘n werkloosheidsyfer van 5,7 persent toon.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.