Hoofpad wes van Johannesburg onveilig na oproer

Motoriste word aangeraai om Albertina Sisulu-weg langs die Princess plakkers wes van Johannesburg te vermy na kligooiery Donderdagaand.

Daar was vroeër steeds rommel, klippe en gebrande buitebande in die pad. Dit is nog nie duidelik waaroor gemeenskapslede oproer pleeg het nie, maar daar was al in die verlede verskeie betogings in die gebied oor behuising.

Die DA het gister in ‘n verklaring die Gautengse regering daarvan beskuldig dat hulle versuim het om meer as honderd huise met lopende water en elektrisiteit aan die gemeenskap te verskaf.

‘n Woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Wayne Minnaar, sê motoriste moet eerder die N12 en Ontdekkersweg as alternatiewe roetes gebruik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.