Le Pen: ‘Ons gaan ‘n muur bou en Algerië gaan betaal!’

‘n Satiriese stuk wat voorstel dat Franse Front National persoonlikhede wat president Donald Trump se muur met Meksiko bewonder, besluit het om ‘n muur te bou op die “grens” met Algerië, word nou gerapporteer as ‘n feit.

Die fopnuusstorie, bedoel as ‘n grap, verskyn op die satiriese Franse webwerf Le Gorafi.

Die berig, waarvan die toon duidelik satiries is, wys daarop dat Front National persoonlikhede wat van Trump se muur hou, ‘n soortgelyke een gaan bou op die “grens” met Algerië.

So ‘n “muur” sal ‘n bietjie moeilik wees om te bou, aangesien die Middellandse See tussen die twee lande lê.

“Inderdaad, vir die Front National se kandidaat, is die ooreenkomste is ryk en onweerlegbaar: ‘Beide lande is warm, gewelddadig, ekonomies en sosiaal agterlik… Ek kan voortgaan vir ure lank. Om eerlik te wees, afgesien van die taal, sien ek nie veel verskil nie want dit is duidelik dat Algerië ons Mexiko is,” het Le Pen verklaar tydens haar veldtog.

“En soos haar Amerikaanse eweknie, is sy beslis nie van plan om die projek te finansier uit openbare fondse nie – Marine Le Pen het haar vasberadenheid gister verklaar dat sy Algerië met sy verantwoordelikhede gaan konfronteer. Behalwe dat, in teenstelling met die Verenigde State van Amerika, die finansiering van die konstruksie deur die plasing van ‘n heffing op Algerië se uitvoere nie moontlik lyk nie, is ‘ellende, misdadigheid en radikale Islam ongelukkig nie belasbaar nie’ het die FN president gesê. ‘Ek nooi dus President Bouteflika om die som van €9,36 miljard so gou as moontlik bymekaar te kry en stuur dit vir my via bank of ‘n posorder na die volgende adres.'”

Die grap is deur die Algerynse koerant El Hayat berig as ‘n feit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.