‘Amerikaners kan nie méér omgee vir julle kinders as julself nie’

“Amerikaners kan nie meer omgee vir die toekomstige sekuriteit van jou kinders as wat julle doen nie,” het die Amerikaanse sekretaris van verdediging James Mattis in sy eerste toespraak aan NAVO-bondgenote in Brussel gesê.

Mattis het openlik gewaarsku dat die administrasie van Donald Trump sy verbintenis “sal hersien” tensy lede hul bestedingsbeloftes nakom. “As julle lande nie wil sien hoe Amerika sy verbintenis tot hierdie alliansie hersien nie, sal elkeen van julle moet steun wys vir ons gemeenskaplike verdediging,” het hy gesê.

“Ek is dit verskuldig aan julle om julle duidelikheid te gee oor die politieke werklikheid in die Verenigde State van Amerika en die billike vraag van my mense in konkrete terme te stel.”

Mattis het ook gevra vir ‘n vasgestelde datumplan om te voldoen aan 2 persent besteding. Die “mylpaaldatums” vir vanjaar sal NAVO-lede se bydraes monitor, het hy gesê.

“Amerika sal sy verantwoordelikhede nakom,” het Mattis gesê aan NAVO se ministers van verdediging, maar hy het dit duidelik gemaak dat Amerikaanse ondersteuning perke het.

Die VSA spandeer meer van sy bruto binnelandse produk op die verdediging as enige ander NAVO-lid – 3,61 persent in 2016. NAVO se sekretaris-generaal Jens Stoltenberg het in reaksie gesê dat enige nie-nakoming van die verdrag tot “ernstige kommer” sal lei. Hy het gesê die bydraes het effens toegeneem verlede jaar.

“Dit is belangrik, maar nie genoeg nie,” het Stoltenberg gesê. “Ons moet voortgaan om militêre uitgawes in Europa en Kanada te verhoog.”

Die stemming was gespanne, het een NAVO-amptenaar gesê. Dit het gou duidelik geword dat Rusland se skadu oor die verrigtinge val nadat Donald Trump se verdedigingssekretaris die vrae oor Micheal Flynn afgemaak het.

Sekere NAVO-vennote is bekommerd oor die Trump-administrasie se beter verhoudings met Moskou.

In reaksie op Rusland se referendum in die Krim in 2014, het Barack Obama Amerikaanse troeponttrekkings uit Europa omgekeer en die grootste ontplooiing sedert die einde van die Koue Oorlog gematig. Vier multinasionale bataljonne is na Pole en drie Baltiese lande ontplooi.

Maar terwyl Mattis die Krim in die verbygaan genoem het, het hy ook die Islamitiese Staat se greep oor dele van Irak en Sirië geopper, en gesê dat “sommiges in hierdie alliansie ontken wat gebeur en wegkyk”.

“Ten spyte van die dreigemente van die ooste en suide, het ons gefaal om gapings te vul in ons NAVO-reaksiemagte of om aan te pas,” het hy bygevoeg.

Met die oog op die vergadering in Brussel, het die New York Times berig dat Moskou ‘n nuwe soort kruismissiel ontplooi, om vrese van ‘n “moontlike oortreding” van die INF-kernsperverdrag te verhoog.

Stoltenberg het sy kommer uitgespreek oor die nuus van die nuwe Russiese missiel wat “in stryd is met ‘n belangrike wapenbeheerverdrag”, maar het nie verduidelikings aangebied met betrekking tot NAVO se ontplooiing op die grens van Rusland nie.

Dit wil voorkom asof die Michael Flynn storie uitgewoed is, nadat dit aan die lig gekom het dat die New York Times “alternatiewe feite” of fopnuus oor Flynn versprei het.

CNN se Jim Sciutto het berig dat die FBI nie aanklagte teen Michael Flynn sal ondersoek as gevolg van sy gesprekke met ‘n Russiese ambassadeur nie. Die anti-Russiese koors het hooggeloop voor die NAVO-vergadering want die alliansie het geen bestaansreg as Rusland nie as ‘n bedreiging voorgehou word nie.

Die enigste ander rede vir die alliansie sal wees om ‘n front teen Moslemterreur te vorm, iets wat die EU weier met hul oopgrensbeleid.

Maar die nuwe Trump-administrasie oefen druk uit op NAVO om terroriste bedreigings uit Noord-Afrika en die Midde-Ooste teen te werk.

NAVO sal opgestel word “so spoedig moontlik” in Napels, Italië, om intelligensie te koördineer oor krisislande soos Irak en Sirië, het Stoltenberg verklaar.

Trump sal na verwagting NAVO se hoofkwartier besoek in Mei wanneer die alliansie het sy leiersberaad hou.

Intussen Jean-Marie Guéhenno, uitvoerende hoof van International Crisis Group, Europese lede van NAVO gewaarsku voor die vergadering in Brussel: “NAVO gaan oor Noord-Amerika se betrokkenheid in Europa, en die Europeërs, in samewerking met Kanada, moet die inisiatief neem om ‘n visie aangepas by die 21ste eeu te vorm.

“Anders, loop hulle die risiko dat ‘n president wat min tyd het vir die vasteland sy Europese bondgenote sal sien bloot as aanvullings by ‘n Amerika-eerste strategie.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Hans Onrust

    Een honderdtal Turkse NAVO officieren hebben nu, op de vlucht voor de zuiveringen van NAVO sultan Erdogan, asiel aangevraagd in Nederland, Duitsland, en België.

  • Rifrug

    “Dit is belangrik, maar nie genoeg nie,” het Stoltenberg. “Ons moet
    voortgaan om militêre uitgawes in Europa en Kanada te verhoog.”

    “Dit is belangrik, maar nie genoeg nie,” het Stoltenberg gesê. “Ons moet
    voortgaan om militêre uitgawes in Europa en Kanada te verhoog.”

  • Ou Transvaal

    Is die magtige Amerika einde ten laaste bankrot of net gevegsmoeg??

    • Kalium_Chloraat

      As Trump sy verkiesingsbeloftes nakom moet hy minder geld aan Europa se veiligheid bestee. Ek dink die verdedigingskontrakteurs en wapenvervaardigers se broeke is algar vuil na hierdie uitspraak.

      Amerikaanse skuld beloop omtrent $20000000000000 (ek sal graag wil hoor hou Zumpie dit uitspreek) dit kom neer op omtrent $167000 per belastingbetaler, so ek dink hul skuldlas raak ook te veel.