Weerstelsel Dineo verloor woema onderweg na SA

Die weerstelsel wat oor Mosambiek beweeg en na Suid-Afrika onderweg is, is na ‘n oorland-depressie afgegradeer en staan nou bekend as ex-Dineo.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens beweeg die laedrukstelsel op die oomblik teen sowat 80 kilometer per uur. Geen berigte van skade is in die stadium ontvang nie.

Die stelsel sal glo na mate dit na Suid-Afrika beweeg verder sterkte verloor. Dit sal egter steeds swaar reën in Mpumalanga en Limpopo tot gevolg hê.

Inwoners is gewaarsku om bedag te wees op oorstromings en nie paaie en brûe oor te steek wat onder water is nie.

Die polisie in die Vrystaat het ‘n dringende waarskuwing uitgestuur nadat drie swart kinders in die provinsie na reënbuie verdrink het.

Die jongste voorval is in Dealesville aangemeld. Mpakane sê ‘n sesjarige swart seun het in ‘n steengroef verdrink toe hy saam met ‘n groep swart kinders ná skool daar gespeel het.

Mandisa Makesini, provinsiale sekretaris van EFF in die Vrystaat, sê hulle gaan die situasie dringend met die Mangaung-metro munisipaliteit bespreek.

Sterk winde en reën het gisteraand groot skade by Neilersdrift naby Upington in die Noord-Kaap veroorsaak.

Verskeie boere in die distrik het aan OFM-nuus gesê die erge winde het gisteraand net na 19:00 begin waai, en het etlike kilometers vêr verwoesting gesaai.

Die winde het ‘n halfuur lank gewaai en het veral in plakkershutte by Leonardsville se dakke afgewaai waar ongeveer 150 mense tans besig is met opruimingswerk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rifrug

    “Verkseie boere in die distrik … ” – ‘Verskeie’