Het ‘n towerspreuk Harry Potter-outeur se besige tong stil?

JK Rowling, die skepper van Harry Potter, is ‘n baie ryk burger. Volgens die media het sy bates met ‘n netto waarde van sowat een miljard dollar. Maar afgesien van haar rykdom, is sy ook lief vir oop grense en “vlugtelinge”.

Toe sy egter die geleentheid gegun word om te bewys sy is opreg in haar soort “menslike” oortuigings, en dat sy bereid is om persoonlike opofferings te maak vir oopgrens-immigrasie – presies wat sy van ander verwag om te doen – is die prekende en praatsieke Rowling skielik skynbaar minder gewillig.

Die skrywer het eenkeer melodramaties die stories oor immigrante wat geraak word deur Trump se “reisverbod” op Moslems vergelyk met haar werk by Amnestie Internasionaal wat oor politieke gevangenes en diktators gehandel het.

Rowling verdedig migrante met ywer en ontken die stygende misdaad wat verband hou met die instroming. Diegene wat teen oop grense is, is volgense haar Twitter-vete met Daily Mail redakteur Piers Morgan dié wat die meeste aanstoot gee.

Terwyl die meeste van haar aanbiddende lesers nie van die feit hou dat immigrante hul lande oorstroom nie, veral in Frankryk, Swede en Duitsland, verdedig Rowling nogtans onbeperkte immigrasie.

Na sy Morgan vertel het om te “fokof” toe hy gesê het die uitvoerende bevel van President Donald Trump se immigrasieverbod is nie slegs ‘n Moslemverbod nie, was Rowling pens en pootjies midde in die geveg vir meer “vlugtelinge” na haar land. Sy beskryf die hofbesluit in die VSA om die verbod ongedaan te maak “so bevredigend soos ek gedink het”.

‘n Konserwatiewe kommentator, Mike Cernovich, wat al keelvol was vir Rowling se morele aanstellerigheid, het nou aangebied om vliegtuigkaartjies te koop vir 100 vlugtelinge om in haar groot herehuise in Aberfeldy en Edinburgh vir ‘n jaar te kom woon. Aanbieder van die “Mark Kaye Show” het aangebied om 20 kaartjies te betaal en Hollywoodsterre met groot bekke word nou ook gevra om hul huise oop te stel.

Mike se uitdaging versprei soos ‘n veldbrand. Na 27 301 stemme, het Cernovich ‘n oproep gedoen aan Rowling om “die herehuis se mure af te breek”. Sy Twitter-peiling het bevind dat 92 persent van die stemmers meen dat Rowling sy aanbod moet aanvaar.

Die mense het gepraat, en die resultate is duidelik: JK Rowling moet “vlugtelinge” toelaat in haar wonings of haar grootbekuitsprake stop. Kort na die uitdaging, het Rowling wat baie aktief is op Twitter, skielik baie stil geraak.

Dit lyk asof Harry Potter towerwoorde oor haar uitgespreek het. Haar stilte spreek egter boekdele. Die “Harry Potter” skrywer het toevallig ‘n “muur” van 10m heinings opgesit om haar huis om haar privaatheid te verhoog.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • JDTAKL

    Linkses is almal Fake People.

  • Mens

    wie is die vrou waaroor julle nou berig?

    • Suidpunt

      Ag weet jy, die skryfster van boeke wat laerskoolkinders laas in 2001 gelees het. Toe was ek in Graad 5. En die enigste een in ons klas wat die boeke wel verslind het, is toe Nieu-Seeland toe.

  • Vicky

    Jammer om te se maar sy het vir Morgan verslind. Papbroekiges kan nie teen slim Bolsheviks soos Rowling baklei nie., hulle het nie die binnegoed om na die plekke te gaan waar die Alt Right gaan nie.

  • Rooikop

    Dit werk maar altyd so met die linkses – vra hulle om daad by die woord te voeg dan verkrummel die “edele” idees gou. Soos die wat hier by ons grondhervorming aanblaas – vra hulle sommer om hulle huise vir hulle hulpe te gee en kyk wat is die resultaat.